KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Friday 6 January 2012

ANC-VRYWILLIGERS LAAT SPOOR VAN VERWOESTING.




HONDERDE ANC-vrywilligers het gistermiddag amok gemaak en buitebande aan die brand gesteek toe aan hulle gesê is hul dienste tydens die eeufees in Bloemfontein word
 nie benodig nie.
Die meer as 600 vrywilligers van Botshabelo was sak en pak op pad
 om Bloemfontein toe te loop en het ’n spoor van verwoesting agter
 hulle gelaat. Die N8-hoofweg was vir ’n paar ure gesluit weens die optog.
Die woedende vrywilligers het gesê hulle het drie dae lank opleiding
 ontvang en hulle sou gister na Bloemfontein vertrek om by die vieringe
 te help.
“Nou het (mnr. Thabo) Manyoni en (mnr. Ace) Magashule besluit ons 
is nie meer nodig nie. Hulle het ons laat weet daar is genoeg vrywilligers
 van ander provinsies soos Limpopo, Mpumalanga en KwaZulu-Natal.
 “Ace en Manyoni moet f*k*f. Die eeufees word in óns provinsie gehou,
 maar ons mense is nie goed genoeg nie.”
Die ontevrede vrywilligers, almal met groot tasse en sakke, het gesê
 hulle sál Bloemfontein toe kom, al moet hulle loop of hul eie buskaartjies
 betaal. Op die vraag of hulle hul griewe aan pres. Jacob Zuma gaan lug
 wanneer hy die township vandag besoek, het hulle gesê Zuma moet liefs
 nie sy voete in Botshabelo sit nie.
Kol. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, sê vier mense is in
 hegtenis geneem. Hy wou nie uitwei oor die redes vir die protesaksie 
nie. “Die groep se gedrag is onaanvaarbaar,” het Naidoo gesê.
Die groep het gisteraand laat vreedsaam uiteen gegaan.