KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Wednesday 11 January 2012

BRANDKIND: MA "VERSIGTIG".


‘Ek is so siek.”

So het klein Isabella Kruger (2) van Lephalale (Ellisras) gister uit haar
 hospitaalbed aan haar ma geprewel.

Sy het op Oujaarsdag meer as 80% derdegraadse brandwonde oor
 haar lyf opgedoen toe ’n bottel met vuuraansteekmiddel in haar pa 
se hande ontplof het.

Mev. Anice Barnard Kruger het gister gesê dit gaan al baie beter met 
“my Pippie”.

“Sy vra nou al drie dae lank vir Oros.”

Isabella is steeds in die hoësorg-afdeling van die brandeenheid in die
 Garden City-kliniek in Johannesburg.

Sy is nog aan ’n ventilator gekoppel. Sy is nie meer onder sulke sterk
 verdowing soos kort nadat sy opgeneem is nie.

Haar hart het verlede week gaan staan, maar dokters kon haar gelukkig
 red.

“Ons is optimisties, maar ook versigtig, want die dokters sê sy is steeds
 ’n hoërisiko-geval.”

Mnr. Erwin Kruger, haar pa, het Oujaarsaand omstreeks 19:00 met 
Firelighting Gel ’n braaivleisvuur by hul huis, sowat 2km buite Lephalale,
 probeer aansteek.

Die plastiekbottel waarin dit was het in sy hand ontplof.

Die vlamme het “uitgebol” tot by Isabella waar sy sowat 2m verder in
 die tuin gespeel het.

Barnard Kruger het gesê haar dogtertjie se infeksie­tellings het al met
 die helfte gedaal.

“Ek kan nie glo dit is al 12 dae sedert dit gebeur het nie. Ek weet nie
 waar die tyd heen is nie.”

Isabella word vandag weer geopereer. Haar wonde word dan “geskrop”. 
Sy het gister ’n verkoue opgedoen.

Kruger, wie se hande erg gebrand het, is in dieselfde hospitaal behandel.
 Hy is verlede week ontslaan en sterk goed aan.

“Hy sê sy hande jeuk vreeslik,” het sy vrou gesê. Die egpaar het ook ’n
 ses maande oue seun, Arno.

Die gesin kry ongelooflike steun op Facebook nadat Beeld oor Isabella
 berig het.

“Ons wil baie dankie sê vir almal se gebede en boodskappe.”