KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Saturday 7 January 2012

ELK DRA MAAR SY LAS.


In vierkant hok verbergte mens met stawe afgegrens
verbode daglig, lugdig krot, kastyder van die mens.
Die drome word in ys gevang, jou wense dood gesmoor
of hoop en toekoms kleintyd al langs wandelgang vermoor.
So stap die mens in selfverwyt met sorge sware pak,
of skreed gebarste swaarkry vrag op selfverlonings rak.
Geklaag ons nasionale sport en mor ons tydverdryf
die spieël van eie sorge blind ons sig tot eenbedryf.
So dra elk mens sy eie tas en kerker hom self vas,
en skat al ander weinig in verg’leke met sý las.
In klipgepakte swaarkry-sak met skanse rondom heen
waar sloerend erg beswaarde in sy kerker sterf-versteen.
Elk is die argitek en heer van eie ondergang
wat bloot maar net as wroegend wees na uitkoms bly verlang.
Tog kontak met jou naaste in die stilstaan om te hoor,
sien ons elke mens verwese deur sy eie sorg deurboor.
Ja ander het ook laste op sy eie lewensweg,
en dra ook hulle tassies deur die Hoër hand bereg.
Hoe sou die klei die Hand verwyt, formeerde na sy beeld,
deur hier en daar ’n skraap te kry of lewenswandel eelt?
Wees stil o siel en kyk maar goed, na medemens se seer,
en tel die seën, jou daagliks brood, ontvange van die Heer.

7 Januarie 2011
Lokaal gevangenis