KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Wednesday 25 January 2012

DIE AFRIKAANSE TAAL.


“O moedertaal, 0 soetste taal! Jou het ek lief bo alles, ...”
Hierdie woorde en wat daarop volg, gesing op die wysie van die Duitse Kerslied,
 Der Tannenbaum,is 'n beskeie loflied aan die wonder wat die Afrikaanse taal is.
Afrikaans is een van sowat ses duisend sewe honderd tale wat op aarde gepraat
 word.
Ongeveer twee dekades gelede is daar geraam dat daar sowat 16 miljoen mense
 op aarde is wat redelik Afrikaans kan praat en verstaan. Die getal mense wat in
 daardie stadium Afrikaans as hulle eerste taal gebesig het, was tussen sewe
 en agt miljoen.
'n Taal wat deur ongeveer agt miljoen mense as hulle eerste taal gebesig word,
 is 'n taal van bykans nietige omvang as die getal sprekers van so 'n taal, vergelyk
 word met die 885 miljoen mense wat Mandaryns as hulle eerste taal praat, of die
 332 miljoen wat Spaans praat of selfs die 322 miljoen Engelssprekendes.
Afrikaans is soos Engels, Frans, Duits en Portugees, 'n lid van die Indo-Europese
 taalfamilie.
Engeland en die latere Brittanje waarin Engeland opgegaan het, het 'n groot
 koloniale Ryk opgebou en in al die Britse kolonies in Afrika, die Ooste en
 Noord- en Suid-Amerika, is die bestuur van die kolonies en die ontginning van
 daardie kolonies se grondstowwe asook alle handel, oor 'n tydperk van tot
 twee eeue en selfs langer in Engels behartig.
Geen wonder dus dat Engels gevestig is as 'n wêreldtaal nie.
Die lande wat deur Portugal, Brittanje, Frankryk en Spanje as kolonies
 oorgeneem is, het nie een oor 'n taal beskik wat so 'n kragtige en
 uitdrukkingsvolle taalvermoë soos die Indo-Europese tale het nie.
Die gebiede wat deur Brittanje in kolonies omskep is, was groter as
 die gebiede wat in die Franse, Spaanse en Portugese kolonies ingesluit was.
Nadat onafhanklikheid sedert die 1950's aan die verskillende kolonies toegeken
 is, het die Europese tale in die kolonies agtergebly en die taal van die
 Europese moondheid wat in 'n kolonie geheers het, is as enigste of soms
 as 'n ampstaal in die grondwet van die bevryde kolonie opgeneem.
Na mate Brittanje, die VSA, Australië en Kanada se invloed in die
 wêreldekonomie toegeneem het, het ook die Engelse taal al hoe
 sterker geword.
Ongeveer 70 persent van die wêreldhandel vind in Amerikaanse Dollar plaas
, maar heelwat meer as 70 persent van die wêreldhandel word in Engels bedryf.
Met die bewindsoorname van Suid-Afrika se regering het die ANC/SAKP
 heersers die posisie van Engels deurgaans versterk ten koste van die
 invloedsfeer wat Afrikaans voor die oorname opgebou het.
Hierdie terugslag het daartoe gelei dat talle Afrikaanse ouers vandag hulle
 kinders na Engelse skole stuur. Die Suid-Afrikaanse owerheidsbestel is
 bykans heeltemal verengels ten koste van Afrikaans en ook sommige
 swart tale.
Daarbenewens staan die meeste Afrikaanstaliges onverskillig teenoor hulle
 taal. Hoe slordiger daar in die taal gesing en gepraat word, hoe joliger gaan dit.
Hoe lank nog voordat Afrikaans in 'n Engels oorheersende taalgebrousel gaan
 opgaan en daar van die eens skone moedertaal niks meer gaan oorbly nie?