KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Follow by Email

Tuesday, 24 January 2012

SO VERANDERLIK SOOS DIE WEER.


Verlede week het twee opskrifte in Volksblad gelui: “Vloedwater laat spoor van 
verwoesting” en “Droogte knel Noord-Kaap boere.” Boonop het hittegolwe die
 Wes- en Suid-Kaap geteister, en veldbrande stel reuse eise aan mens en dier.
 Dit werp ‘n treurige blik op ‘n stuk onbekookte wetgewing wat darem intussen 
koue voete gekry het – om die SA Weerdiens in wese die monopolie oor 
stormwaarskuwings te gee.
Op die weerdiens se webwerf word verduidelik dat die wyse waarop die
 weervoorspelling verander is, die gevolg is van verbeterde rekenaar-tegnologie.
Veral op die randgebiede bly weervoorspellings maar so onbetroubaar soos ...die 
weer. Tuine verdroog onder byna daaglikse voorspellings van betreklike stewige
 buie reën wat nie materialiseer nie, of waar veel minder uitsak as wat voorspel is.
Een van die besware een die beoogde wetgewing oor die weerdiens, is dat dit 
 skynbaar van die standpunt uitgaan dat die beste weerkundiges noodwendig by 
die weerdiens werk, en dus die beste voorspellings kan maak. Dit is egter nie
 noodwendig so nie – baie mense ontvang as deel van hul opleiding, soos
 geografie en landbouweerkunde, weerkunde-opleiding, en kan heel gemaklik 
sinoptiese gegewens vertolk. Die isobare wat op die TV-weervoorspellings
 vertoon was, het vir baie veel meer vertel as die weervoorspelling self. 
Bykomende inligting oor die bolugtoestande kon maklik op die internet
 opgelees word.
Die weerdiens het wel min of meer die beste toegang tot die sinoptiese gegewens
 omdat dit nie meer vir elke internetgebruiker toeganklik is nie. Die waarnemers 
wat bietjie kennis het oor die verband tussen die gedrag van Argentynse miere 
en rysmiere, kon dit ook as waardevolle insette gebruik om ‘n idee te vorm van
 wat voorlê.
Met klimaatverandering tree meer gevalle van uiterstes na vore, en die oorsake 
word wetenskaplik gesoek by faktore wat nog nie werklik in weervoorspellings 
verreken word nie. Twee van die bekendste opkomende velde is die 
sogenaamde kosmoklimatologie waar son-aktiwiteite met klimaatstoestande
 verband hou en deur die gebruik van paleoklimatologie die ooreenkomste na
 byvoorbeeld vorige ystye kan terugvoer.
‘n Tweede is die sogenaamde Agulhaslek – die verskynsel dat minder, of meer
 water van die warm Agulhasstroom in die koue Benguelastroom beland, en
 waarvan wetenskaplikes meen, die impak tot in Wes-Europa gevoel kan word.
Met die aarde se bevolking wat reeds die 7-miljardkerk verbygesteek het, raak
 akkurate weervoorspellings en klimaatprojeksies juis belangriker soos wat die 
onstabiliteit daarvan minstens deels weens menslike aktiwiteite toeneem.
Daar word deurgaans navorsing gedoen om meer droogtebestande variëteite te
 ontwikkel, en oeste in marginale gebiede is nou algemeen. Verbeterde
 verbouingsmetodes word ontwikkel. 

Die land gaan slegs met die beste kollektiewe poging daardeur kom. 
Die land word gereeld weens weer- en klimaatstoestande op die knieë gedwing
 wanneer bidure vir reën gehou word, en soms word selfs onthou om 
dankdienste te hou wanneer die gawe van Bo neergesak het.