KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Follow by Email

Thursday, 5 January 2012

GAAN SA OOPKOP OP SIRIë REAGEER?



Suid-Afrika het onlangs nog in die VN Veiligheidsraad buite stemming gebly oor
 verskerpte optrede teen die Assad-bewind in Sirië. Nou beklee Suid-Afrika die 
Veiligheidsraad se voorsitterstoel, en gaan Suid-Afrika ‘n nog belangriker
 verantwoordelikheid hê.
Volgens die Israelse minister van Verdediging, Ehud Barak, het die bewind
 van Bashar al-Assad in Sirië nog net enkele weke oor. Israel is goed geplaas 
om te weet.
Intussen het die waarnemers van die Arabiese Bond in Sirië begin aankom

 Aanvanklik het die Siriese regering skynbaar heel suksesvol die waarnemers
 wolle oor die oë getrek. Die hoof van die Arabiese Bond, Nabil Elaraby van Egipte,
 is egter klaarblyklik veel beter as sy waarnemerhoof ingelig oor wat op grondvlak
 aangaan. Hy weerspreek Al-Dabi, die waarnemerhoof regstreeks oor die
 sluipskutters op geboue se dakke, hoewel hy toegee hy weet nie werklik op wie
 die skutters skiet nie. Volgens die jongste inligting het die Siriese leër vir die
 eerste keer aan die ooreenkoms met die Arabiese Bond gehoor begin gee en
 hul magte aan die sentrale stadsgebiede begin onttrek.
Die kanse is goed dat Elaraby nie net sy inligting van sy waarnemers nie, maar

 ook Israel kry.
Intussen styg die dodetal daagliks, en staan nou na raming op meer as 5 000.
Sirië se bevolkingsamestelling is besonder heterogeen, sodat dit bykans

 onafwendbaar is dat die nuwe regering dit wat kan dien as emosionele 
saambindfaktore sal gebruik om die grootste mate moontlik van nasionale
 kohesie te bevorder. Om minstens amptelik vyandig teenoor Israel te wees, 
is amper ‘n gegewe. Om die emosionele kwessie oor die Goland-hoogland in
 te span is amper net so ‘n gegewe. En daarby eindig die opsies min of meer.
Die Siriese etniese foutlyne loop sterk deur na die buurlande, en in ‘n sekere
 sin was Sirië se verhouding met Israel die afgelope sowat 30 jaar die beste
 van met al sy bure.
Weerwraak op die Alawiete-minderheid wat lank Sirië se regering oorheers

 het, kan die belangrike Alawiete-minderheid in Libanon ontstig, en na die
 Sjiïete waarvan dit ‘n sekte is oorspoel, en kort voor lank die Hezbolla-vonk
 in Libanon laat ontbrand.

Dit lyk of die Arabiese Bond gou steun onttrek aan diktators in eie geledere en so

 die domino-impak probeer beperk. Hoe langer die Arabiese opstand aanhou
 uitkring hoe meer Arabiese vorste wat nie besonder bekend vir hul demokrasie 
is nie, kan na-aan die vuur beland. En boonop is hulle wat op oliebronne sit 
besonder kwesbaar...
Die veiligste is dus om op internasionale forums ‘n lawaai oor Israel te maak, 

die Palestyne met ‘n bietjie kontant te stop, en verder duime vas te hou daar
 breek nie weer ‘n oorlog met Israel uit nie.

Die vraag is nou wat Suid-Afrika uit hoofde van sy maandlange voorsitterskap
 van die VN se Veiligheidsraad gaan doen?
‘n Manier om na die kwessie te kyk is wat bekend begin staan het as die beginsel 

van R2P. Dit is die afkorting van Right to Protect, ‘n beginsel wat posgevat het na
 die VN in 2005 eenparig, ook Suid-Afrika, ‘n resolusie aanvaar het waarin state
 onderneem het om die bevolkings van lande teen volksmoord, oorlogsmisdade,
 etniese suiwering, en misdade teen die mensdom te beveilig. Die resolusie bepaal 
onder meer dat die internasionale gemeenskap die verantwoordelikheid het om 
state hierin by te staan.  Die internasionale gemeenskap moet eers die toepaslike
 diplomatieke, humanitêre en ander vreedsame maniere aanwend om die bevolkings
 teen vergrype te beskerm, maar as ‘n staat in gebreke bly om sy bevolking te
 beskerm, moet die internasionale gemeenskap bereid wees om sterker maatreëls
 toe te pas, waaronder die kollektiewe gebruik van mag deur die Veiligheidsraad.
 Die Afrika-Unie het in 2000 ‘n soortgelyke besluit, die Constitutive Act aanvaar, en
in 2005 met die  Ezulwini-konsensus is die moontlikheid van militêre ingryping om
 volksmoord, etniese suiwering en oorlogsmisdade te bekamp, aanvaar.
Die kort en die lank is dat Suid-Afrika hom nou wat Sirië betref deur die Arabiese Bond
 eerder as die Afrika-Unie, en veral die SAOG-bril waardeur Suid-Afrika die Afrika
-agenda beoordeel, moet laat lei.
Met Gwede Mantashe se onlangse stellings dat die ANC ZANU-PF in Zimbabwe se 

volgende verkiesing sal steun, waar Mugabe weer die kandidaat sal wees, het 
Suid-Afrika se beeld om die wêreld se muishonde te omarm weer drakrag gekry.