KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Tuesday 10 January 2012

VERDEELDHEID OOR DIE ANC EN SY EEUFEESJAAR.


Die ANC se eeufeesviering die afgelope naweek in Bloemfontein is maar net ‘n
 voorsmakie van wat die land die res van die jaar kan verwag. Die regerende party 
het geen geld en moeite ontsien om sy 100-jarige bestaansjaar op luisterryke en
 selfs uitspattige wyse te vier nie. Maar tog duur die verdeeldheid in die party voort,
 korrupsie in regeringskringe word net al hoe meer en opposisiepartye is dit eens 
dat die ANC nooit weer sy status gaan terugwen nie. Dit is nie meer die party van
 Nelson Mandela en sy voorgangers nie.

Die verrigtinge het begin met ‘n diens in die Waaihoek-kerk waar die ANC ‘n eeu 
gelede gestig is. ‘n Vryheidsfakkel is voor in die kerk aangesteek en sal mettertyd
 na al die provinsies gedra word soos wat vierjaarliks met die Olimpiese fakkel 
gebeur. Elke enkele toespraak is aan die ANC gewy terwyl die res van die land
 telkens net soos ‘n nagedagte bygevoeg is. En tog het president Jacob Zuma 
weer ‘n pleidooi gelewer dat almal by die ANC moet aansluit sodat Suid-Afrika 
as ‘n nie-rassige en geslaglose demokrasie kan voortleef.

Die ANC bied egter nie ‘n geestelike tuiste vir alle Suid-Afrikaners nie. Meeste
 Afrikaners het die ANC vroeër jare leer ken as ‘n terroriste-organisasie wat
 hom op sagte teikens toegespits het om sy doelwit te bereik. Die burgerregte-
organisasie, Afriforum, het Sondag juis ‘n kranslegging gehou vir al die 
slagoffers van die ANC se terreuraanvalle. Die burgerregte-organisasie sê 
dit is belangrik dat jong Afrikaners hulle nie aan die neus moet laat rondlei
 deur die ANC se eensydige en geromantiseerde  weergawe van die 
geskiedenis nie.

Die ANC se gewapende stryd word ook deur ander oorwegend etniese partye
 veroordeel.  Hulle wys daarop dat dit juis die gewapende stryd en die herhaalde
 oproepe vir sanksies en disinvestering deur die buiteland was wat miljoene
 werksgeleenthede vir swart mense verwoes het. Buitelandse beleggers wat 
die land gedurende die tagtigerjare verlaat het, het nooit weer teruggekeer nie.
Ander opposisiegroepe het hulle in beginsel van die ANC se feesvieringe 
gedistansieer. Die oproep van voorvadergeeste en die seremoniële beesslagting
 is vreemd aan hulle kultuur en in stryd met hulle eie geloofsoortuigings.
President Zuma het in sy 8 Januarie-verklaring belowe dat die party na sy 
grondbeginsels sal terugkeer en dat die verkiesing van leiers hersien sal word
om die ANC se interne demokrasie en geloofwaardigheid te versterk.
Dié verklaring was waarskynlik op die geskorste jeugleier Julius Malema gemik
 wat  saam met sy ondersteuners net agter die voorste gestoeltes gesit het.
Malema is nie ‘n spreekbeurt tydens die eeufeesviering gegun nie, maar het sy 
stem op verskeie plekke in die Vrystaat laat hoor. Hy maak geen geheim van sy
 minagting vir blankes nie en die jongste dolk wat hy na die hart steek is dat witvroue 
as huishulpe aangestel moet word.
Die ANC bied nie ‘n tuiste vir die Afrikaner nie. ‘n ANC-kaart gaan nie ‘n einde aan
 regstellende aksie en diskriminasie bring nie en nog minder sal dit ‘n einde aan 
al die gruwelmisdade teen ons mense maak.
Saamstaan en saam stry vir wat reg en goed is, is ons enigste uitweg.