KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Tuesday 3 January 2012

VERSKEURDE MOEDERHART.

N PRAGTIGE GEDIG GESKRYF DEUR N GOEIE VRIEND MET N 

BAIE GOEIE HART.



Die geselslae val dawerend - verdowend deur die hof,
met krete wat na hemel ryk en neerplas in die stof.
Elk tree met sware sweet belaai en voetsleep drup met bloed,
met rasend skare, jullend volk moes een man bloeiend boet...

Die een dag se hosannas ruis in waansin: Kruisig Hom!
wyl veroordelende eie bloed triomftog verder drom,
die speeksel spat in skeldingstaal veragtend, honend, fel:
“Hier is ons Koning! Red jouself!” rys martelende skel...

Tog deel die spotters bende skaar, gebrokene van hart,
met skeurend traan deurboorde siel, verwond, verslae, verward,
loop sy haar stille rougevolg, met moederlike smart.

So staan die moeder: smart deurboor en drukkend op haar bors,
haar plek van troos en troetel word verskeur tot vreemde kors,
dan hoor sy weer die welbekende: Ek het dors!

1 Januarie 2012
Lokaal Gevangenis