KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Tuesday 31 January 2012

PROTES OOR RASTEIKENS VIR VEEARTSE.



Studente aan die Universiteit van Pretoria (UP) en ’n afvaardiging van 
AfriForum Jeug het hulle gister voor die departement van hoër onderwys
 en opleiding swart geverf uit 
protes teen die rasseteikens wat die departement vir die UP se fakulteit
 veeartsenykunde stel.

Mnr. Charl Oberholzer, na­sionale voorsitter van Afri­Forum Jeug, het
 gesê die organisasie verteenwoordig tans sowat 30 matrikulante en 
voornemende studente wat saam 190 onderskeidings behaal het, maar
 by die UP weggewys is weens “swak akademiese prestasie”.

Oberholzer het gesê die protes is teen die toelatingsvereistes vir
 veeartsenykunde.

Die UP het die enigste fakulteit in die land en die onderwysdepartement
 moet toesien dat toppresteerders ’n kans gegee word om die tekort 
aan veeartse te help verlig.

Volgens Oberholzer word selfs plekke vir internasionale studente
 gereserveer, maar wit Suid-Afrikaners wat tussen sewe en nege A’s
 behaal het, weggewys.

Oberholzer het gesê nadat AfriForum die universiteit ingevolge die
 Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting gedwing het om
 sekere inligting bekend te maak, het die UP aangedui dat die
 departement rasseteikens vir veeartsenykunde stel en die UP op 
grond daarvan finansiering kry.

AfriForum het talle oplossings voorgestel, soos dat rasseklassifikasie
 gestaak word sodat almal eenders behandel word; meer studente in
 die mededingendse “oop kategorie” toegelaat word; en meer toelatings 
oorweeg word vir studente wat al vir ’n B.Sc-rigting ingeskryf is.

Oberholzer het gesê mense wat in 1993 gebore is, kan nie onder
 rasgedrewe beleide gebuk gaan nie.

Volgens AfriForum Jeug word 140 studente jaarliks tot die fakulteit 
veeartsenykunde toegelaat en is net 22 wit matrikulante van 2011
 toegelaat.

Vanjaar was die mededinging buitengewoon straf omdat twee groepe
 skoolverlaters (van 2010 en 2011) oorweeg moes word omdat die 
veeartsenykunde-program van ’n sewejaar- in ’n sesjaar-program
 verander is, het die UP gesê.