KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Saturday 1 October 2011

SJINA SE INVLOED.




Onlangs het Wes-Transvaal se premier, Thandi Modise, in teenwoordigheid van 'n handelsafvaardiging uit die provinsie Henan in Sjina, 'n beroep op Sjina gedoen om meer bondgenootskappe met Suid-Afrika aan te gaan en om meer geld in Suid-Afrika te belê. In haar toespraak het sy onder meer na die Provinsie se minerale rykdom, goeie landbou¬ opbrengste en toeriste potensiaal verwys as voorbeelde van beleggingsvelde en die terreine as lokaas vir beleggers uit Sjina aangedui. Met hierdie uitnodiging aan Sjina het 'n hooggeplaasde ANC/SAKP ampsdraer die soveelste keer hierdie twee koalisie bondgenote se onderdanigheid aan Sjina beklemtoon. Die agbare Wes-Transvaalse premier is nie die eerste hooggeplaasde ANC/SAKP ampsdraer wat Sjina na Suid-Afrika probeer lok nie. Ook president Jacob Zuma het op 22 Augustus verlede jaar met 'n besoek aan Sjina begin. Tydens die besoek het die president naarstiglik probeer om Sjina te oorreed om meer geld in Suid-Afrika te belê.

Ontleders wys daarop dat Sjina 'n groot rol gespeel het om die ANC, SAKP en verskeie ander organisasies te help om die bewind in Suid-Afrika oor te neem. Sjina het veral grondstowwe en afsetgebiede nodig om sy ontsaglik groot bevolking aan die lewe te hou. Om Sjina te nooi om in Suid-Afrika te belê, is maar net 'n manier om Sjina se rol en invloed in veral die ANC/SAKP bondgenootskap te probeer wegsteek.



Tereg kan gevra word waarom die klerewerkersvakbond al by verskeie geleenthede die ANC regering gevra het om die invoer van goedkoop lae gehalte klere uit Sjina te staak. Die goedkoop klere word gretig opgeraap en die gevolg is dat die duurder en hoër gehalte Suid-Afrikaans vervaardigde klere nie verkoop word nie. Die toestand het op sy beurt tot gevolg dat plaaslik vervaardigde klere nie verkoop nie en dat Suid-Afrikaners, tot nadeel van die Suid-Afrikaanse ekonomie, sonder werk gelaat word. Die toestand bekommer die Regering klaarblyklik nie.

In die media is vroeër vanjaar berig dat Sjina se regstreekse belegging in AfrikaIande gedurende die eerste 6 maande van 2009 met 552 miljoen Amerikaanse Dollar toegeneem het teenoor dieselfde tydperk in 2008. Nege-en-veertig AfrikaIande doen tans aktief sake met Sjina en die AfrikaIande verkoop meestal grondstowwe aan Sjina. Meer as 800 Sjinese staatsinstellings is reeds in Afrika bedrywig. AfrikaIande wat tans die meeste beleggings uit Sjina lok is Suid-Afrika (veral in ligte nywerhede, myne en finansiële instellings), Angola, Nigerië, Soedan, Zambië en die Demokratiese Republiek van die Kongo.


Die wederkerige handel tussen Sjina en Suid-Afrika het in 2009 reeds 119,9 miljard Rand beloop. Sjina het ook 5,5 miljard Rand in die oorname van 20 % van Standard Bank se aandele belê. Sjina het ook met 'n belegging van 877 miljoen Amerikaanse Dollar, 'n kleiner platina-myn in Suid-Afrika oorgeneem. Voorbeelde van 'n groeiende begeerte by Sjina om die ekonomiese heerskappy van veral AfrikaIande oor te neem is legio.

Die vraag is net: "wanneer gaan die ANC/SAKP regerende bondgenootskap in Suid-Afrika besef dat Sjina besig is om die ekonomie in Suid-Afrika oor te neem?” Hy wat die ekonomie van ‘n land beheer, beheer ook daardie land se politiek.