KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Follow by Email

Tuesday, 11 October 2011

SENSUS.



Die landswye sensusopname het begin en sal drie weke duur. Sommige mense weier botweg  om saam te werk om getel te word. Dié houding spruit uit die persepsie dat ‘n sensus bloot gehou word om mense te tel.
Wat egter wel waar is, is dat sensusse wêreldwyd in ontwikkelde lande gehou word om ‘n wye front broodnoodsaaklike inligting te bekom wat die owerhede nodig het om vir die toekoms voorsiening te maak. Om hierdie rede moet ook onwettige immigrante en vlugtelinge getel word, want hulle plaas ook ‘n las op sekere owerheidsdienste soos gesondheidsdienste, water- en elektrisiteitsvoorsiening.
Wanner die data verwerk is kan navorsers ‘n wye reeks inligting uit die data onttrek, soos die gemiddelde ouderdom en inkomste in ‘n sekere gebied.
Waar lande dit kan bekostig, word elke vyf jaar ‘n sensus gehou. Dit is ook die mikpunt in Suid-Afrika, maar die vorige sensus is tien jaar gelede gehou.
In ‘n land soos die VSA is die foutfaktor van ‘n sensus ongeveer 4 %, wat vir die Amerikaners skokkend hoog is. In Suid-Afrika was die foutfaktor tien jaar gelede meer as tien persent, en die ouditeur-generaal het die sensus ook ‘n rooi kaart gegee. Internasionaal word die foutfaktor reggestel deur ‘n verteenwoordige steekproef deur professionele mense te doen. ‘n Foutfaktor van 17 persent is egter onaanvaarbaar, en laat ook ‘n slegte smaak in die mond omdat dit beteken dat baie sensusopnemers en hul toesighouers belastingbetalersgeld misbruik het deur te kierang.
Een van die maniere om ‘n gekierang aan die kaak te stel, is juis om te rapporteer as die huishouding deur sensusopnemers oorgeslaan is. Hiervoor sal ‘n tolvrye nommer voorsien word. Hoe gouer die nommer, na die sensus oor drie weke verstryk het, geskakel word, hoe gouer sal die onreëlmatighede aan die kaak gestel word, en sal help verhinder dat skelm opnemers se werk as bevredigend verrig afgeteken word en hulle hul vergoeding ontvang.
As ander foute bemerk word, soos dat daar glad nie ‘n sensusopnemer in ‘n gebied werksaam is nie, is dit uiteraard wenslik dat dit gouer onder die owerheid se aandag gebring word.
Wêreldwyd geld die beginsel dat sensusopnemers uit die gebied waar hulle die opname moet doen, aangestel word. Dit verhoog die kanse dat die opnemer die huistaal van die mense wat besoek word sal verstaan, en selfs in die gemeenskap bekend is en vertrou word. Aanvanklik, soos met die vorige sensus, is aangekondig dat dié beginsel ook vanjaar sou geld.
Sensusopnemers is soos alle amptenare gebind deur die protokol vir plaastoegang, maar dié feit word selde aan die sensusopnemers gekommunikeer. Die gevolg is dat plase gereeld betree word – iets wat in die lig van die veiligheidsituasie uiters ongewens is. Boonop word baie geld gespandeer om plase te bereik, bloot om te vind die boer en sy gesin is nie tuis nie. Landbou-unies het daarom ‘n beroep op die Statistiekdiens gedoen om afsprake vir besoeke te maak.
Dit is vreemd dat die staat dit steeds nodig ag – meer as twintig jaar na die bevolkingsregistrasiewet geskrap is - dat mense hul ras aantoon. Daar is reeds weerstand van hierdie vraag, en baie mense sal na verwagting weier om hierdie vraag te beantwoord.
Die weiering van deelname aan ‘n sensus,  is egter nie ‘n opsie nie en is strafbaar.