KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Thursday 27 October 2011

MALEMA EN SIENER SE KRYGER.




In sy kommentaar op “Die einde van Liberalisme?”, het Herman die vraag gevra of Julius Malema nie dalk die klein swartetjie kan wees wat uit die gras opstaan en tot ‘n kryger uitgroei wie se skaduwee oor die land val nie?
Voordat ek die vraag beantwoord, laat ons net eers kyk na Siener se eie beskrywing van die gesig: “Ek sien ’n klein, maer kaffertjie uit die aarde opkom. Hy word ’n groot, magtige kryger en die skaduwee van sy spies en skild wat hy bokant sy kop lig, val regoor die land.”
Met die eerste oogopslag wil dit amper lyk of die prentjie Malema kan pas, want vóórdat hy verlede jaar as Jeugleier gekies is, het ons bitter min van hom geweet en ook skaars van hom notisie geneem. Maar toe het hy as ‘t ware vanuit die aarde opgekom, en het sy dreigende skaduwee skielik oor ons geval.
Jacob Zuma se meteoretiese opgang tot presidentskap (ondanks al sy seks-eskapades, betrokkenheid by die Wapenskandaal en halfdosyn wywe) maak hom ook ‘n sterk kandidaat vir Siener se gesig.
Die aanvanklike idee dat dit Mandela kan wees, was ietwat misplaas.
In 1996/97 het advokaat Piet Pretorius my een aand gebel en daarop gewys dat Mandela nie in die rol as “kryger” kan pas nie, want Xhosas gebruik nie spiese en swaarde as oorlogswapens nie, maar knopkieries (vandag AK-47). Die spies en swaard is die Zoeloe se tradisionele wapens. En dis baie belangrik om ook daarop te let dat Siener nié die “magtige kryger” se skaduwee oor die land sien val het nie, maar baie spesifiek die skaduwee van sy wapentuig. (Dit dui ongetwyfeld op geweld).
Na my mening het Johanna Brandt waarskynlik vir Julius Malema in haar visioen oor die geweld in Johannesburg gesien.
In die nag van 1 Desember 1916 het ‘n Engele Boodskapper aan haar verskyn toe sy by haar moeder se sterfbed gewaak het, en die hele verloop van die gebeure voor haar laat afspeel het.
Voordat ek egter daarby kom, wil ek net ‘n paar ander raakpunte tussen haar en Siener se visioene aanhaal:
Siener van Rensburg: “Maar in die moeilike tyd wat kom, sal dit so donker wees dat ek nie my hand voor my oë kan sien nie.”
Johanna Brandt: “Dit is skemer in Suid-Afrika! Van alle kante bekruip die stikdonker nag ons en in die komende stryd moet ons omgord wees met die wapenrusting van geregtigheid.”
Siener van Rensburg: (Aangaande ’n swart regering in S.A. het hy gesê ): “Ons, die Unie, gaan heel laaste in die ding, maar ons kom ook heel eerste daaruit.”
Johanna Brandt: “Suid-Afrika,” sê sy, “sal die laaste wees om in die smeltkroes in te gaan en eerste wees om daaruit te kom.”
Siener van Rensburg: “Die Afrikanervolk gaan andermaal gesuiwer word. Maar niks kan dit dan meer stuit nie. En hoewel die verraad en broedertwis verskriklik onder ons mense sal wees, sien ek dat ons steeds voortworstel op die pad wat God vir ons bepaal het…”
Johanna Brandt: “Maar Suid-Afrika, soos alle ander dele van die wêreld, moet nog eers die laaste suiweringsproses deurmaak!”
Hier is nou haar gesig van die nag van geweld.
Die Boodskapper het aan haar gesê: “Kyk!” Sy het gekyk en voor haar ‘n miniatuur kafferassegaai op die grond sien lê. Dan sien sy die begin van ‘n staking wat gou-gou dwarsoor die land versprei en hoog bo in die lug hang die letters XL. Alles staan, selfs die groot besighede is gesluit en verlate, niks funksioneer meer nie.
Die stakings is so groot dat die hele land lamgelê word. Terwyl hierdie staking aan die gang is, sê die Engel, organiseer die swartes in die geheim en kom in een nag bymekaar in Johannesburg. Dan gebeur dinge vinnig en onverwags — hulle sny die kragverbindings binne en rondom die stad af.
Hierna sien sy, vaar hulle die lanke gebiede in en vermoor ons mense voor die voet. Duisende en duisende gaan sterf in daardie ‘Egiptiese nag’ wat oor die blankes in Johannesburg gaan toesak. “Toe ek in die visioen die talle verminkte lyke rondom my sien lê, het ek geskok en hardop uitgeroep:  ‘Dit kan tog nie wees nie, want daar is nie so baie mense in Johannesburg nie!”
Wat die Engel aan haar gewys het, is éérs die miniatuur (klein) assegaai op die grond. As ’n Zoeloe verwys na ’n makker wat verslaan is, gebruik hy die uitdrukking — umkhonto ehla (sy spies is neergefel).
Julius Malema verteenwoordig die jeug en simbolies sal hy die draer wees van ’n miniatuur assegaai. Kan dit dalk beteken dat hy gaan “val” vóórdat die stakings en geweld begin?
Hy het al verskeie doodsdreigemente gekry en sou hy gewelddadig sterf, sal die land onmiddellik in chaos gedompel word. Ons het al soveel moontlike verklarings vir die syfers XL gekry, dat mens net kan raai wat dit beteken. Onlangs skryf iemand dit kan ’n datum wees — die 30ste van die 10de maand  (X = 10 en L = 30). Ek noem dit maar net vir interessantheid.