KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Wednesday 19 October 2011

KORRUPSIE.



Terwyl die polisiehoof, Bheki Cele en sy topbestuur in die parlement kleitrap om die polisie se geldsake te verduidelik, en die hoof van die vervolginsgesag op kort kennis nie voor ‘n parlementêre komitee verskyn om verantwoording te doen nie, meen die hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid, Willie Hofmeyr dat sy eenheid 7 000 eerder as 700 personeellede nodig het om korrupsie in die land te ondersoek.
Hofmeyr meen die omvang beloop net in die staat se verkrygingsadministrasie jaarliks tussen R25 en R30 miljard. Dit is sowat 20 % van die betrokke begroting wat jaarliks in die stof byt.
Volgens ‘n onlangse berekening betaal Suid-Afrikaners gemiddeld 20 % per item meer as premie om die koste van korrupsie in die land te finansier.
Volgens die Wêreldbank beroof korrupsie ‘n land van sy toekoms. Korrupsie word ook as ‘n aanslag teen demokrasie beskou.

Korrupsie teiken dikwels die mees blootgesteldes en die armes. Pas is ‘n werknemer van die Statistiekdiens in hegtenis geneem omdat hy glo omkoopgeld van mense geëis het om as sensuswerkers aangestel te word. Ander gevalle kom gereeld aan die lig oor hoe mense genadeloos werkloses uitbuit wat desperaat op soek is na werk, of ou mense uit hul beleggings-neseiers swendel.

In Suid-Afrika is die omstrede wapenskandaal waarskynlik die vlagskip van die korrupsiepersepsie – nie net oor wat gebeur het nie, maar hoe tot dusver probeer is om dit toe te smeer.
Dit is egter nie al nie. Die persepsie dat korrupsie aanvaarbaar is en selfs beloon word, word byvoorbeeld versterk deur die wyse waarop kaders wat uitgevang  word bloot elders ontplooi word. Hieronder tel ‘n oud-munisipale bestuurder wat, terwyl hy tereg staan op aanklagte van onder meer korrupsie, bedrog en rampokkery, as administrateur aangestel is om ‘n munisipaliteit in ‘n ander provinsie te probeer regruk. Selfs ‘n LUR bly in sy pos en sy amp in die ANC aan terwyl hy vir korrupsie verhoor word. Selfs die hoof van die Minister se ontplooiingspan het ‘n rits ongunstige OG-verslae in onder meer Bronkhorstspruit en Plettenbergbaai agter die blad.
Die bedenklike aanspreek van korrupsie hou onder andere twee gevare in: Daar kan ‘n deurlopende aanslag vanuit politieke geledere teen die integriteit en onafhanklikheid van die regbank wees, en die vryheid van die media kan onder voortdurende druk wees. Ongelukkig is hierdie simptome ook aanwesig.

Uiteindelik is dit onafhanklike media soos Radio Pretoria wat verseker dat die publiek ook buite-om die politiek-korrekte en dikwels sub-standaard beriggewing ingelig word. Nie dat die owerheid sake vir die gemeenskapsradiostasies maklik maak nie.
Die media weet hy doen sy werk wanneer hy vir ‘n owerheid waar korrupsie endemies geword het soos ‘n klippie in die skoen of doring in die vlees word.