KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Thursday 20 October 2011

MAAK DOOD DIE BOODSKAPPER.



Een van die ergste ingrype in spraak- en mediavryheid in Suid-Afrika is in hierdie week so amper in die stilligheid afgeweer. Die Departement van Onderwys se besluit dat die uitslae van die matriekeksamen nie in koerante gepubliseer mag word nie, is vir eers van die baan.
Die besluit is glo aanvanklik geneem omdat die mediahuise nie betyds voor die sperdatum van 30 September aansoek gedoen het vir toestemming om die uitslae te publiseer nie.
‘n Mens aanvaar dat bepaalde reëlings nodig is om die uitslae te publiseer en dat die eksamenraad, wat deesdae as Umaluzi bekend staan, in die saak geken moet word, maar werklik.... wie dink die ANC word deur dié poging geflous?
Reeds vroeër in September het daar ‘n obskure beriggie verskyn waarin die onderwysdepartement te kenne gegee het dat die jarelange praktyk om die uitslae te publiseer bevraagteken word, omdat dit glo ‘n negatiewe uitwerking op sekere studente kan hê.
Iemand het toe waarskynlik die regulasies gaan bestudeer om te sien of daar nie ‘n maklike uitweg is nie en op die sperdatum van 30 September afgekom. Dit is ‘n ope vraag of dit ooit in die verlede toegepas is.
Gelukkig het die redakteursforum ingegryp en die sperdatum is nou tot 26 Oktober uitgestel. Ons vertrou dat die koerante wat nou al vir dekades lank die goeie opbouende nuus oor presterende matrieks dra, hulle papierwerk in orde sal kry.
Die rede waarom die departement nie eintlik die uitslae in die koerante wil hê nie, is glo omdat daar matrieks is wat depressief raak oor hulle swak uitslae en dan selfmoord pleeg. Die vrees word soos volg deur die Jong Kommuniste-liga se nasionale woordvoerder, Mafika Mndebele, verwoord: “Elke keer as matriekuitslae gepubliseer word, is daar ‘n aantal studente wat selfmoord pleeg.”
So wat dryf ‘n student tot selfmoord? Die feit dat sy naam NIE in die koerant staan nie of die feit dat sy rapport sê hy het gedruip?
Miskien moet daar nooit enigsins bekend gemaak word wat studente se uitslae is nie, dan kan ons seker wees daar is geen selfmoorde nie...
Die argument is net so belaglik as wat dit deursigtig is.
Die probleem wat die onderwysdepartement, die jong kommuniste en die ANC het, is dat die koerante se voorblaaie, of eintlik sommer die eerste ses bladsye, nog steeds na amper twee dekades van swart regering te veel wit gesiggies op het.
Volgens die demografie van die land, behoort daar op die meeste drie wit presteerders vir elke 20 swart uitmuntende studente te wees wat die onderskeidings inryg. Maar dit is nie die prentjie wat deur die koerante vertel word nie. Die werklikheid is heel anders.
Vir die onderwysdepartement beteken dit dat sy voortdurend veranderende onderwysstelsel en die meeste van sy onderwysers klaaglik tekort skiet. Vir die Jong Kommuniste bied dit ‘n les so reg uit George Orwell se Animal Farm met betrekking tot die gelykheid van die mensdom en vir die ANC..? Wel, dit moet redelik frustrerend wees.
Om die boodskapper dood te maak, verander niks aan die boodskap nie.