KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Monday 17 October 2011

IS DIE BOERVOLK SE DAE OP AARDE GETEL?



Gedurende 1985 het die Johanna Ziervogel-fonds 'n boekie met die naam Dalende Geboorte Syfer gepubliseer.
Uit die boekie blyk dit duidelik dat die Boervolk ‘n krimpende volk is en dat ‘n twee kinderstelsel per vrou, enige volk tot die dood verdoem.
Met ‘n gemiddeld van twee kinders per ouerpaar, sal die Boervolk van 2 komma vier miljoen in 1985, tot slegs 500 duisend krimp teen die jaar 2075.
Om ‘n volk se getalle staties te hou, moet die volk se geboortesyfer minstens 2 komma nege kinders per elke vrou van die besondere volk wees.
Verskeie redes word aangevoer oor waarom die Boervolk se geboortesyfer so laag is.
Van die redes is dat getroude pare besluit om eers heelwat later kinders te hê.  Wanneer ‘n egpaar uiteindelik besluit om met ‘n gesin te begin, is die tydperk waarin ‘n vrou kinders kan hê, reeds aansienlik ingeperk.

Ander redes wat vir die lae Boer geboorte-aanwas aangevoer word, is onder meer geldelike oorwegings, nuwe opvattings oor persoonlike vryheid van die twee geslagte en gebrek aan tyd om kinders binne gesinsverband op te voed.
In Suid-Afrika word die Boer se getalle agterstand nog verder vererger deurdat die meeste ander bevolkingsgroepe in die land en veral die armer groepe van die samelewing, deur ‘n kindertoelae van die Staat, aangemoedig word om soveel kinders as wat moontlik is te hê. Selfs op ministersvlak word sekere bevolkingsgroepe aangemoedig om meer kinders te hê.
Die kunsmatige vinnige groei wat as gevolg van die kindertoelaes en ministeriële aanmoediging ervaar word, is in ooreenstemming met die sogenoemde Kaïro besluit van die Verenigde Nasies.
Ingevolge die besluit het alle mense die reg om te besluit hoeveel kinders hulle wil he.

In Suid-Afrika is dit gevolglik onmoontlik vir sekere groepe werklose mense wat in armoede leef, om die aanloklikheid van kindertoelaes te weerstaan. Die gevolg is 'n selfvernietigende bevolkingsontploffing.
Vir Boer-aanwas en die behoud van die Boervolk, is daar geen aansporingsmaatreëls nie.
Benewens die dalende Boere geboortesyfer, verlaat die Boere ook in groot getalle Suid­ Afrika. Die geskiedenis het reeds bewys dat Boere wat Suid-Afrika verlaat om hulle elders te vestig, binne sowat vier geslagte nie eintlik meer van hulle Boere afkoms bewus is nie.
In die lig van die omstandighede kan 'n mens tereg vra: Is die Boervolk se dae op Aarde getel?
'n Tweede vraag wat gevra kan word is, wat kan gedoen word om dit vir die Boervolk moontlik te maak om te voorkom dat diè volk van die aardbodem verdwyn?