KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Sunday 30 October 2011

EK IS NOU IN DIE HEMEL.


 
 
DIE trane het vrylik gevloei terwyl twee van die Van Vuuren-gesin langs die graf van mev. Francina van Vuuren (76) gekniel en die ander twee in hul rolstoele gesit het terwyl die liedjie Ek is nou in die hemel van Juanita du Plessis gespeel is.
Dié liedjie is ook op haar begrafnis gespeel. Sy is gister presies ’n jaar gelede dood.
Van daardie tyd af wel die trane in haar man, Boet (82), seuns, Marius (46) en Tienie (35), en kleinseun, Juan (16), se oë op as hulle dit hoor.
Die lied is gister langs die graf met die marmerkruis op in die Bainslvlei-begraafplaas oor ’n selfoon gespeel voordat hulle vir haar gebid het.
Daarna het Tienie twee bottels met “watertjies uit Jagersfontein” om die boompie by haar graf uitgegooi. Dié boompie is verlede Desember op Jagersfontein gekoop en daar geplant, want dit was hul eerste Kersfees sonder haar.
“Ons sal nooit weer ’n gesin wees nie,” sê Tienie. “My ma, wat die hoof van ons huis was, is van ons weggevat.”
Sy was die een wat die vrede tussen haar ses seuns bewaar het. “Nie dat daar eintlik struwelings was nie.”
Die gesin is die Sondagaand van 21 Maart verlede jaar wreed in hul huis in Harringtonstraat op hul tuisdorp aangeval terwyl hulle na ’n program met godsdienstige liedere op TV gekyk het.
Hulle sê mev. Van Vuuren het nooit weer heeltemal ná die aanval herstel nie. Sy was vir twee maande in die hospitaal.
Juan is sedert hy ses weke oud is, deur sy ouma grootgemaak. Hy sê hulle sien elke keer só uit om na sy ouma se graf te kom. Hy het Donderdagaand van sy ouma gedroom. “Maar as ons hier is, oorval die hartseer ons.”
Tienie: “En kom die aanval ook dan weer in ons gedagtes op.”
Hy sê sy pa vat hul ma se dood baie swaar. Hulle was 55 jaar lank gelukkig getroud. Dit voel vir sy pa asof sy ma steeds in die huis is.
“Maar my ma sal nie rus voordat reg en regverdigheid geskied het nie. Dan sal ons ook kan vrede vind.”
Hy is vol vertroue dat reg en geregtigheid in die Vrystaatse hooggeregshof voor regter Corné van Zyl sal geskied.
Gister het dr. Corneels Verster, toé van die trauma-eenheid van die Pelonomi-hospitaal, getuig dat mev. Van Vuuren se klere bebloed en geskeur was toe hy haar op 22 Maart verlede jaar ondersoek het.
Sy het veelvuldige beserings gehad en haar brein was geswel. Haar een wangbeen was gebreek. Dit was duidelik dat erge geweld op haar toegepas is. Sy was deurmekaar en kon nie sinvol praat nie.
Mnre. Molefu Ishmael Penethe (27) en Lebohang Saul Jan (23), albei van Jagersfontein, ontken dat hulle R38000 se kontant, ’n rewolwer, kamera en twee selfone van die gesin geroof het nadat hulle na bewering by die huis ingebreek het. Hulle ontken ook skuld op vier aanklagte van poging tot moord. Die verhoor duur voort.