KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Friday 16 September 2011

VRYHEIDSFRONT NUUSBRIEF.


Malema-hofuitspraak is stap in regte
 rigting en word ook in buiteland
 bespreek.

Dr. Pieter Mulder: VF Plus-leier

Die VF Plus verwelkom regter

 Collin Lamont se uitspraak dat
 die woorde “Skiet die Boer” soos
 dit in die lied “Dubul ‘Ibhunu” deur
 Malema gesing is, haatspraak is en 
nou verbied word.

Die VF Plus hoop dat hierdie die 
eerste tree is in die rigting om 
Suid-Afrika uit die moeras van
 haatspraak en rassisme, wat die 
afgelope jaar al erger geword het,
 te neem. Die kontras tussen die
 Mandela-benadering na 1994 en 
die Malema-benadering die afgelope
 jaar, het vir ’n regstelling geskreeu.
 Hopelik is hierdie uitspraak ’n eerste
 tree, van baie wat nog gegee moet
 word, na die herstel van balans en
 die bevordering van goeie verhoudinge
 tussen alle groepe in Suid-Afrika. 

Die VF Plus betreur dit wel dat dit 
nodig was om hof toe te gaan of ’n 
strafregtelike klagte by die polisie te 
gaan lê, soos die VF Plus gedoen het,
 ten einde hierdie rasse uitbarstings
 te kon stop. In hierdie opsig is die 
regter se uitspraak ’n ernstige aanklag
 teen die ANC wat toegelaat het dat
 hierdie saak hand uitruk en so ver 
gevorder het, voordat daar ’n 
regstelling van buite die ANC 
gekom het. 

My strafregtelike klag oor hierdie
 saak by die polisie is nou weer
 relevant en verwag die VF Plus
 van die polisie om nou die saak
 verder te neem.

In 2003 (17 Julie 2003) het die
 VF Plus daarin geslaag om Peter
 Mokaba se slagspreuk
 “Kill the Boer, Kill the Farmer” 
as haatspraak verklaar te kry.
 Teen hierdie agtergrond verwelkom
 ons die konsekwentheid waarmee
 die grondwet se artikel 16 oor
 haatspraak deur die 
Menseregtekommissie en nou deur
 die Gelykheidshof geïnterpreteer 
word.

Ons verwelkom ook die regter se 
verwysing na minderhede wat
 uitgelewer is aan die meerderheid 
en geen keuse het as om hulle op 
die hof te beroep vir die regstelling 
van so ’n onreg en diskriminasie teen
 hulle nie. Met die oog op ’n
 harmonieuse toekoms tussen
 almal in Suid-Afrika is meer debat
 hieroor in Suid-Afrika nodig. 

Dr. Pieter Mulder woon ook vanaf
 Vrydag, 16 September, en Saterdag
 die dertiende vergadering van 
die UNPO-presidensie in Brussel,
 België by. By die vergadering gaan 
hy die aanwesiges inlig oor die
 huidige situasie van veral
 minderhede in Suid-Afrika.

"Die wêreld moet kennis neem van 
die Malema-uitsprake en van die
 ANC se standpunte hieroor. As
 die ANC dreig om grondwethof toe 
te gaan oor regter Lamont se
 uitspraak dat "Skiet die boer" 
nie haatspraak is nie, stuur dit
 'n baie negatiewe boodskap oor 
verhoudinge in Suid-Afrika die wêreld
 in. Hoewel die boodskap 'n
 oorvereenvoudiging van die
 situasie in Suid-Afrika is, kan daar
 nie verwag word dat die wêreld al
 die ingewikkeldhede van ANC-politiek
 moet verstaan nie," het dr. Mulder,
 wat reeds in Europa is, gesê.

"Die wêreld moet op hoogte gehou 
word van die positiewe en negatiewe
 gebeure in Suid-Afrika. Dit is deel
 van die internasionalisering van 
Suid-Afrika se situasie. As daar 'n 
krisis in Suid-Afrika sou kom, moet
 die internasionale wêreld ingelig 
wees ten einde die nodige besluite 
te kan neem. Dit is te laat om 
tydens 'n krisis eers te begin met
 'n buitelandse inligtingspoging," 
volgens Mulder.

Positiewe gebeure soos die 
uitbreiding van Suid-Afrika se 
infrastruktuur tydens die 
Wêreldbekersokkertoernooi asook
 die goeie gesindhede wat tussen
 die meerderheid Suid-Afrikaners 
heers, maar ook die negatiewe van
 plaasmoorde gaan deel van dr. 
Mulder se bydrae wees.

Dr. Mulder is verlede jaar tot lid 
van UNPO se dagbestuur verkies.
 UNPO is 'n internasionale organisasie
 wat optree in belang van minderhede
 regoor die wêreld. UNPO het tans 
ongeveer 50 lede wat meer as 200
 miljoen mense van regoor die 
wêreld verteenwoordig. (Vir meer
 inligting oor die organisasie besoek
 www.unpo.org )