KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Thursday 22 September 2011

VOLKSMOORD: DIT GEBEUR!




LEES GERUS HIERDIE BERIG EN BESLUIT DAN SELF WAT JY WIL DOEN.

http://praag.co.za/index.php?option=com_content&amp%3Bview=article&amp%

3Bid=10278%3Avolksmoord-dit-gebeur&amp%3Bcatid=118%3Ajh-du-toit&amp%3BItemid=451
Nog tot verlede naweek het ek gedroom om terug te keer na Suid-Afrika. Hierdie
 week het sekere dinge egter vir my begin duidelik raak. Soveel as wat ek wil glo
 dat die ergste nie in SA gaan gebeur nie, begin dit al meer so lyk.Dis min dat
 ek so seker is van my interpretasie van gegewens. Wel, miskien is dit nie eens 
'n interpretasie nie maar bloot die besef dat gebeure besig is om vinniger te
 beweeg as wat selfs ek sou kon dink.Oor die afgelope paar weke het ek iets 
begin doen wat ek al lankal moes gedoen het. Ek het toenemend die Engelse
 koerante begin lees. Dis veral die skokkende eerlikheid van gematigde 
(en radikale) swart rubriekskrywers wat my laat steier het onder wat buite die
 Afrikaanse dampkring bespreek word. Dis nie net ons wat die onweerswolke
 sien nie. Ons land is in 'n baie groter gemors as wat Naspers, selfs PRAAG
 en ook die hordes Bybelversbesaaide regse blogs dit uitbeeld. Om dit pront
 te stel: SA is in drieletterwoordstraat.Gaan lees maar Justice Malala se jongste
 rubriek in die Londense Guardian. Dis 'n riller. Dis nou wel nie sy woorde nie,
 maar my eie opvatting daarvan:  Juju is Bloemfontein. Volgens Malala is
 Melema reeds Suid-Afrika se skadupresident of "president in waiting".Op
 die koop toe kry ek Maandag 'n baie onstellende brief van dr. Gregory Stanton
 van Genocide Watch. Wel, ek wil nie 'n brief wat aan my persoonlik gerig is
 woord vir woord aanhaal nie, maar kortom: Die mense by Genocide Watch
 tywfel nie eintlik meer of daar 'n volksmoord in SA gaan wees nie. Dit blyk 
dat dit vir hulle 'n gegewe is.Vir my is dit klinkklaar dat ons primêre doelwit 
nie meer moet wees om oor volkstaatmodelle te redekawel nie. Die tyd is op!
 Ons hoofdoel moet wees om sterftes te voorkom. Ek is werklik daarvan oortuig
 dat daardie organisasies wat hulle met die Afrikaners se veiligheid bemoei, vinnig
 geraadpleeg moet word.Dis hoe erg dit is!Diegene wat mense voorberei het om in
 die uur van nood vinnig die voorstede te ontruim en diegene wat mense opgelei 
het om hulself te verdedig, sal vinnig met mekaar moet koördineer. Klaarblyklik 
gebeur dit reeds. Dank die Vader daarvoor!My advies aan Afrikaners wat nog in
 SA is, is soos volg. As jy nie kans sien om te leer hoe om 'n wapen te hanteer
 nie of hoe om met kampeertoerusting te oorleef nie moet jy jou paspoort regkry 
en vinnig. Moenie wag tot die chaos uitbreek nie want jy sal nie by die lughawe
 uitkom nie.Stuur die kinders en die oues betyds landuit. Maak kontak met vriende
 en familie in die buiteland. Die weerloses gaan 'n afklimplek benodig. Vergewis
 jou van die land waarheen jy beplan om te vlug se asielprosedure.
Vir diegene wat nie kans sien om die land te verlaat nie, sorg dat jy inskakel by
 daardie groepe wat weet hoe om so 'n krisis te hanteer. Kry jou opleiding en
 toerusting nou. Jy kan nie langer wag nie.

* As julle planne wil maak vir ontruiming kontak enige van die groepe wat
 reelings maak. Julle kan ook kvbnavrae@aol.com kontak, en hulle vra of
 daar n groep in julle area is.