KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Sunday 11 September 2011

BY DIE STERFBED VAN DIE BOERVOLK.




Die Boervolk le op sterwe en weerskante van sy bed staan die ANC en die NUWE NP.

Na n rukkie verbreek die ANC die ongemaklike stilte: Volgens die dokter het jy nog net enkele minute om te leef, is daar dalk iets wat jy graag vir ons wil se?

Die Boervolk knik stadig en antwoord: Ek besit 3 Boere Republieke in die Noorde en ‘n stewige pensioenskema waarvoor ek my sedert 1948 afgesloof het; ek sou dit graag aan my kinders en nageslag wou bemaak.

Die ANC sug medelydend: Jou kinders werk mos nou almal om die HOP plan te laat slaag, hulle sal dus geen nut van daardie 3 Republieke he nie, daarom vat ek dit vir my om aan al die plakkers uit Afrika te gee wat so swaar onder apartheid gely het.

Die Nuwe NP staan ook haastig nader en se met net soveel medelye: Ek is so jammer omdat jy nou ook geen nut van jou pensioen sal he nie; daarom sal jy seker nie omgee as ek dit vir my vat nie, want my party kan doen met ‘n neseiertjie om behoorlik op die been te kom, en sommer ook om ons sukkelende soustrein weer lekker op spoed te kry.

Die 2 besoekers draai toe om en loop na die deur, daar kyk die Nuwe NP vir oulaas terug en sy stemtoon klink byna opreg toe hy vra: Het jy dalk ‘n laaste boodskap, of afskeidswoordjie wat ons aan iemand kan oordra?

Die Boervolk draai sy gesig na die muur en fluister skor:

Ja, ek het ‘n goeie vriend wat genoem word Messias. Gaan se asseblief vir Hom die Boervolk het net soos Hy gesterf tussen 2 rowers! Maar se tog ook vir Hom: Net soos Hy na 3 dae weer uit die graf herrys het, sal die Boervolk ook weer hier opstaan, en dan sal ons sy swaard opneem en al sy vyande verslaan. Daarna sal ons gaan verklee en na Sy Bruilofsfees vertrek om saam met Hom die Republiek van ‘n 1000 jaar in te wy.

- Dewald Pretorius