KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Friday 9 September 2011

AANSLAG OP DIE WERELDHANDELSENTRUM SE INVLOED OP DIE WERELD.



Op die vooraand van die tiende herdenking van Al Kaïda se aanvalle op die VSA, word bestek opgeneem terwyl veiligheidsmaatreëls oral weer opgeskerp word. Onder letterkundige resensente is selfs ‘n evaluasie oor watter lande se skrywers die 11 September-aanvalle in hul werk laat neerslag vind het, en watter lande se skrywers nie.

Dié beoordeling handel nie werklik oor verwysings na die fisiese voorvalle nie, maar hoe die post-11 September-psige ingeweef is.

Voor daardie dag was die wêreld skynbaar onherroeplik op ‘n koers na ‘n wêreldorde waar betreklik eenvormig gedink en gehandel is. Die Ystergordyn was geskiedenis, en Afrikalande het die een na die ander begin demokratiese neigings ontwikkel.

Die klassieke fase van internasionale terreur was besig om in die vergetelheid te versink. Swart September, Carlos die Jakkals, die Rooi Brigades, en die Japannese Rooi Leër het herinnerings van vaaghede geword. Ghaddafi het skynbaar mak begin word.

Teen dié agtergrond kon die wêreld ook meer aandag skenk aan sy filantropiese ideale – en het Europa byvoorbeeld ‘n vroeë waarskuwingstelsel begin ontwikkel sodat hulle wat het, betyds kon begin gee, wanneer hongersnood of ander krisisse elders in die wêreld ontwikkel. En daar is mildelik gegee. Soms te maklik, sodat sommige lande nie die nodige verstellings gemaak het om selfversorgend te raak nie.

Daar was oorgenoeg foutlyne wat gereeld redelik ernstige politieke aardskuddings veroorsaak het. Al Kaïda was trouens by ‘n paar hiervan betrokke, soos met aanvalle op Amerikaanse teikens in Oos-Afrika. Suid-Afrika het die Planet Hollywood-aanval in Kaapstad beleef. Plaasmoorde in Suid-Afrika het die 1 000-kerf gehaal, en elke aanval het die vorige in wreedheid probeer oortref. In Europa het al meer mense begin lang lippie trek oor die een moskee na die ander wat in hul lande begin verrys het.

Die nuus uit pas was egter erg polities-inkorrek. Die Internet het wel al begin-begin dien as metode om die uit-pas-uit inligting verby die gevestigde kommunikasiemiddele te kry om die wêreld daarbuite daarop te wys dat daar ook ‘n tweede, en selfs derde waarheid aanwesig is wat minder mooi is, wat buite die verwysingsraamwerk pas van ‘n wêreld skynbaar onherroeplik onderweg na ‘n liberale sekularisme.

Agter die skerms is wel kennis geneem maar die bedreiging is waarskynlik onderskat. Veiligheidsmaatreëls is getref, maar wat herinner aan die groot Japannese aardbewing vroeër vanjaar. Die Fukushima-kernkragsentrale se beskermingsmaatreëls het ‘n skans ingesluit wat dit teen ‘n drie-meter tsunami moes beskerm, maar toe slaan ‘n tsunami van tien meter toe.

Verskillende Amerikaanse intelligensie-agentskappe het verskillende brokkies inligting gehad wat saam moontlik die aanvalle kon fnuik, maar dit is nie met mekaar gedeel nie.

Sedert die aanval voer die wêreld, met die VSA aan die spits, die sogenaamde “Oorlog teen Terreur”. Die koste hiervan oor die laaste tien jaar beloop ongeveer dieselfde bedrag as wat die ganse Amerikaanse begroting jaarliks beloop. Daar is ‘n sterk vermoede dat die krisis waarmee die wêreldekonomie te make het, ook deels hieraan toegeskryf kan word.

Die besef dat alle mense nie eenders dink nie, het vir baie as ‘n reuse skok gekom. Terselfdertyd het die internet ‘n stroom alternatiewe nuus begin loslaat.

Vanjaar is ‘n besondere herdenkingsjaar vir baie gebeurtenisse, sommiges beduidend. So is daar die vyftigste herdenking van die oprigting van die Berlynse muur, wat intussen getuimel het.

Maar alles saam gaan nie opweeg teen die tiende herdenking van die 11 September-aanvalle nie. Nie eens die doodskiet van Osama bin Laden in die tiende herdenkingsjaar kan daarteen opweeg nie. Dit was toe die foutlyne van die wêreldpsige uit hul gemaksone losgeruk is. Die wêreld is na hierdie aardskuddende gebeurtenis deur ongekende en onbekende tsunami’s geskud wat ‘n ganse nuwe verwysingsraamwerk geverg het. Die argitekte van hierdie era is nog besig om onbekende terrein te baan.

Hoeveel invloed die voorval gehad het is moeilik om te bepaal.