KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Follow by Email

Friday, 16 September 2011

DIE MANIFES VAN DIE BOERVOLK.



Die wêreld moet weet: Ons sal weer veg en ons sal weer vry wees!

Die herdenking van gebeure in die geskiedenis is vir die Boervolk van die allergrootste belang. Naas die geskiedenis van die Groot Trek is die oorloe die gebeurtenisse wat die diepste ingegrif is in die siel van die Boervolk.

Sonder die Trek en sonder die diep spore wat hierdie Vryheidsoorloe nagelaat het, is die bestaan en die karakter van die Boervolk ondenkbaar. Daarom verbaas dit ons nie dat daar duidelik pogings aan die gang is om die betekenis van die Vryheidsoorloe in die gemoed van die Boervolk aan te tas, te verwater of te probeer vernietig.

Dit pas in ons vyande se plan om die Boervolk van sy geskiedenis en sy geestelike wortels te vervreem.

Gedurende die Vryheidsoorloe is die volksbande van die Boervolk deur triomf en neerlaag, deur oorwinning en smart, onwrikbaar gesmee op die aambeeld van die geskiedenis. Die erfenis van ons volk uit die lydensgeskiedenis van die oorloe is 'n onvernietigbare en onvervangbare een. Dit het ons verhef tot 'n hoë rang onder die nasies, in die eerste plek omdat dit 'n morele en regverdige stryd vir 'n volk se vryheid was, maar veral ook oor die heldhaftige wyse waarop die klein Boervolk vir 3 jaar lank verbete teen die magtige Britse ryk kon staan.

Soos min ander volke het die Boervolk deur sy offers en heldedade 'n aansien verwerf wat aan die legendariese grens.

Die krygsvernuf van die Boeregeneraals, die vindingrykheid van die burgers in die veld, die getrouheid en standvastigheid van die Boerevrou, hierdie dinge het mense se harte aangegryp en het weerklank gevind in New York, Londen, Brussel, Amsterdam, Parys, Rome, Berlyn en Moskou. Veral onder die Protestantse volke van Europa is aangevoel dat die Boere 'n stryd moes stry wat eintlik ook hulle stryd was: 'n Stryd van die geloof teen die gryplus van die Britse Empire, teen die minagting van 'n klein volk se vryheid.

Daar is oral besef dat Brittanje se oorlog teen die Boere nie met die Christelike geloof te versoen is nie.

Die gewetenlose veldtog deur die Britte om die 2 onafhanklike Boererepublieke gewelddadig te onderwerp het mense oral in die beskaafde wêreld met weersin vervul. Vandaar dan ook dat vrywilligers uit ander volke spontaan by die Boeremagte aangesluit het: Iere, Skotte, Amerikaners, Russe, Duitsers, Nederlanders, Skandinawiërs en andere. Hulle was bereid om hulle lewe vir die saak van die Boere te gee.

Hierdie feit staan vandag steeds as 'n getuienis van die reg van die Boeresaak en as 'n ewige aanklag teen Brittanje se wandaad. Dat die Boervolk meer as 24 000 kinders en oor die 3000 vroue in Britse konsentrasiekampe aan die dood moes afstaan is so 'n groot skandvlek op die Britse militêre geskiedenis dat ‘n Engelse geestelike, C.F. Aked, op 22 Desember 1901 in die Engelse kerk te Liverpool daaromtrent verklaar het:


"Groot Brittanje kan sy oorloë nie wen nie sonder die toevlug te neem tot die laagste veragtelike daad van die veragtelikste skurk op aarde: Die daad om na ‘n dapper man se hart te slaan met sy vrou se eer en sy kind se lewe." Vir hierdie "grusame vergryp teen die beskawing" soos Aked dit bestempel het, moet Brittanje steeds verantwoording doen.

Om die redes hierbo genoem, verklaar die BOERVOLK van vandag:

Dat die herdenking van die Vryheidsoorloe vir ons 'n heilige plig en verantwoordelikheid is wat ons nie sal ontwyk nie. Ons wil nie alleen herdenk nie, maar ons wil ook bemoediging en inspirasie put uit die heldedom van daardie stryd.

Die huidige geslag van die Boervolk moet deur die herdenking van die oorlog nuwe krag en visie ontwikkel vir die stryd waarin ons gewikkel is en vir dit wat nog voorlê, 'n stryd wat duidelik ooreenstem met dit wat die Boererepublieke ondervind het in die aanloop tot die oorlog, en ook daarna.

Dat die minagting en vernietiging van die reg van die Boererepublieke aan die einde van die 19de eeu in ons tyd voortgesit word deur politieke magte wat met die steun van Brittanje en ander lande optree om die Vaderland van die Boer finaal van hom te vervreem en om sy vryheid en onafhanklikheid te vernietig deur middel van swart oorheersing.

Ook hierdie plan van ons vyande sal nie slaag nie, soos die plan van Milner en Kitchener op die lange duur nie kon slaag nie.

Dat ons diep bewus is van ons volk se verantwoordelikheid teenoor die geslag wat in 1899 -1902 die hoogste tol moes betaal vir die vryheid en die reg van die Boererepublieke.

En waar die Republikeinse vyheid, wat in 1961 herwin is, deur verraad en ontrou weer verlore gegaan het sonder dat daar om die vryheid van ons vaderland geveg is, weeg daardie verantwoordelikheid soveel swaarder op ons.

Ons volk moet besef dat ons, ons vryheid verloor het deur verraad en dat daar weer met alle mag geveg sal moet word om dit te herwin. Die stryd sal op alle toepaslike terreine voortgesit moet word.

Ten diepste is ons oortuig dat daardie vryheid verwesenlik kan word deur die herlewing van nasionalisme en deur die vernuwing van ons geloof in onsself as 'n Gods geroepe volk.

Dat die herdenking van die Vryheidsoorloe vir ons volk 'n herbevestiging moet wees van ons band met die verlede en dit moet getuig van ons trou aan die heldegeslag van 1899-1902.

Alleen wanneer ons getrou bly aan onsself sal ons voortbestaan as 'n volk en sal ons die magte wat teen ons gemonster word, weerstaan en oorwin. 


In hierdie geloof wil ons die toekoms tegemoet gaan, as 'n volk wat in sy siel onoorwinlik is, as 'n volk wat in die stryd sy krag van Bo ontvang, en as 'n volk wat weier om onderwerping as 'n finale uitslag van die geskiedenis te aanvaar, net soos die Boervolk na 1902 ook geweier het om permanente Britse heerskappy oor SA as die finale uitslag van die oorlog te aanvaar.

Die Boervolk staan sonder enige twyfel voor die grootste uitdaging van sy bestaan sedert 11 Oktober 1899:

Ons taal, kultuur en godsdiens word in ons skole en op talle ander terreine misken;
Ons reg op ons eie Vaderland word ons ontsê.


Wanneer 'n volk voor so 'n uitdaging te staan kom, is daar net een eerbare weg, en dit is stryd, stryd totdat die oorwinning verkry is, voortdurende en volgehoue stryd terwille van dit wat stryd werd is, naamlik die reg om as 'n volk in die geskiedenis voort te bestaan soos God dit beskik het.

Genl. Christiaan de Wet het in 1900 gesê dat 'n volk se selfrespek dit van hom verg dat hy nie sonder stryd sal toesien hoe sy Vaderland van hom vervreem word nie. Om dieselfde rede, terwille van ons selfrespek, mag die Boervolk vandag ook nie onderwerping en vervreemding aanvaar nie.

Hierdie waarheid is deur die heldegeslag van 1899-1902 in bloed neergeskryf op die bladsye van die geskiedenis.

Laat ons vandag antwoord op die oproep van Pres. Paul Kruger en laat ons neem uit die verlede wat goed en reg, edel en skoon is, om daarop ons toekoms te bou. Dan sal die vryheidswinde gewis weer oor ons velde lag, en sal die geslagte wat kom met eer en respek kan praat oor die Boervolk van vandag, soos ons ook oor die helde van 1899–1902 kan praat.

'n Volk wat sy verlede voortdurend voor oë hou en 'n volk wat sy helde eer, is 'n gesonde volk.

Mag dit ook van die Boervolk van ons dag gesê word: Dat ons nie kon gebuig word soos hul geweld dit wou, maar dat ons hoog kon lewe, slegs aan ons bloed getrou.

Dis skoon vir ‘n held om te val aan die voete van wie hy gedien het. Die Vryheidsoorloe word gesien as 'n hoofstuk in die Boervolk se nog onvoltooide vryheidstryd. Op 31 Mei 1902 was die Bittereinders verplig om die wapen neer te lê. Ofskoon op daardie tydstip verniel en verrinneweer, het hulle na die gedwonge oorgawe nie gaan lê nie, maar het hulle weer opgestaan en die stryd met ander middele voortgesit.

Eweneens het die magte wat die Boervolk deur hierdie oorloe wou uitwis, in die woorde van Sir Alfred Milner: To wipe out the last traces of Afrikanderism, ook nie hulle stryd teen ons volk laat vaar nie.