KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Wednesday 7 September 2011

HOEVEEL BELASTING NOG?



Daar gaan steeds stemme op vir ‘n rykmansbelasting in Suid-Afrika. Tussendeur word daar gepraat oor ‘n bykomende belastingheffing aan ondernemings om sekere stadsrade uit hulle krisis te help.

Die res van die storie is oorbekend – dis nuwe tolgeld naby die stede, stywe belasting op brandstof, kragrekenings wat min verband hou met verbruik en moenie BTW vergeet nie.

Suid-Afrikaners weet wat dit beteken om oorbelas te wees. Die minister van finansies het vroeër vanjaar bekend gemaak dat Suid-Afrikaners ¬se belastingbydrae tot die BBP nou 23,8% is, teenoor 2007 se 27,6%. ‘n Daling dus van vier persent. Dit is onduidelik of die syfer voorsiening maak vir al die indirekte vorms van belasting wat al meer raak. Daar word ook nie gesê hoeveel mense vir hierdie inkomste sorg nie.

Die feit is dat ons in ‘n welsynstaat leef en dat die regering as gevolg van sy beleid al meer maniere moet vind om geld te genereer sodat sy toelaes aan armes, werkloses en tieners met babas uitbetaal kan word. Ook sodat elkeen in ‘n blikkiesdorphuisie gratis elektrisiteit en lopende water kan geniet.

Dr Jongseok An, senior navorsingsgenoot van die Koreaanse instituut vir finansies, het onlangs op ‘n konferensie van die Afrika-belastingadministrasieforum aan die konferensiegangers probeer tuisbring dat daar ’n beperking is op die verspreiding van inkomste en rykdom deur belasting. Hy sê dit is veral in ontwikkelende lande van toepassing.

Wêreldwyd word die beginsel erken dat belasting nodig is vir die bedryf van ‘n staat en die lewering van dienste. Dit maak sin, mits die belastinglas nie te swaar is nie en die geld natuurlik goed aangewend word tot almal se voordeel.

Die doel behoort sekerlik te wees dat die belastingbasis so groot as moontlik moet wees – hoe meer mense bydra tot belasting hoe minder hoef elkeen te betaal. Om aanhoudend die mense wat die ekonomie stimuleer net op meer maniere te belas, soos in Suid-Afrika, moet in ‘n stadium op ‘n ramp afstuur.

Natuurlik het die land sy superrykes en die meeste van hulle het vroeër die week aan die media vertel hoeveel geld hulle reeds tot armoedeverligting en opheffingsprojekte bydra, soos dr Anton Rupert wat klaarblyklik sy hele salaris weggee.

Dit is alles gaaf, maar hierdie superrykes is ‘n breukdeel van ‘n persentasie van die bevolking van 50 miljoen mense. Al gee hulle alles weg, sal dit nie genoeg wees om die hongeres te voed nie.

Dit is tyd dat die situasie vanuit ‘n ander hoek bekyk moet word en dat die regering sy ideologiese bril ook in hierdie opsig moet afhaal.

Ondernemings wat werksgeleenthede verskaf, wat sorg vir ekonomiese groei, behoort eerder belastingtoegewings te ontvang, sodat dit vir hulle makliker is om uit te brei. Waarom sal ‘n ondernemng in ‘n bepaalde dorp bly, as hy daar meer belasting moet betaal?

‘n Slim stadsraad sal die geleentheid aangryp om deur belastingvoordele eerder meer besighede te lok.

Dit is tog logies – maak die koek groter, dan is daar meer vir almal om te eet!