KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Tuesday 13 September 2011

BLY WEG VAN VVK SE VERKIESING.


Gesamentlike verklaring uitgereik deur Boerevolk Vryheidstigting (BVS) en Afrikaner Volksparty
 (AVP)
Die AVP en BVS roep volksgenote op om nie aan die komende verkiesing van Volksraad
Verkiesingskommissie (VVK) deel te neem nie. Die belangrikst redes daarvoor is die volgende:
*Die VVK wil met n onwettige regime onderhandel wat hom ten doel stel om ons volk te vernietig.
So n regime se beloftes, indien enige gemaak word, is nie die papier werd waarop dit geskryf
staan nie.
*Die VVK se uitgangspunt is dat ons volk geen land het waarop hy kan aanspraak maak nie.
Dit is n infame leun. Die VVK erken met hierdie stap dat die regime se aanspraak op ons land
regmatig is. Dit is nie net fataal nie, maar loutere onsin. Hierdie land is deur ons voorvaders in
pand aan ons toevertrou om te bewaar vir die nageslag. Dat dit nou onder ANC-beheer is,
verander niks aan ons volk se regmatige aanspraak op ons grondgebied nie. Hierdie land is ons
land!
* Deur met die regime te onderhandel word die regime se wettigheid deur die onderhandelaars
van die VVK erken. Dit gee regmatigheid aan die bedrogvolle referendm en verkiesing van 1994,
wat ons verwerp. So trek die VVK n streep deur ons geskiedenis. Die regime het geen legitimiteit in
die oe van ons volk nie.
*Met hierdie verklaring se ons namens die vegtende derduisende Bittereinders dat die VVK geen reg
het om namens ons volk te praat nie. Wat die VVK se volksraad wel gaan doen, is om ons volk voor
sy vyande te verneder. Daaraan mag geen reggesinde volksgenoot deel he nie.
Ons volk se vryheid sal nie by die onderhandelingstafel van die vyand verkry word nie, maar wel
deur volgehoue stryd. Daarvan is ons geskiedenis getuienis.
Die oproep is: Kom saam met ons in verset teen die onreg van n onbevoegde geldmag-gesteunde
swart kommunistiese regime. Verwerp die VVK se slenter en herstel ons volk se selfrespek!