KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Sunday 18 September 2011

AGTERPAAIE...



Enigiemand wat al gaan sit het en die sommetjies gemaak het oor onttrekking na ‘n plek van veiligheid tydens ‘n noodsituasie, het waarskynlik tot die gevolgtrekking gekom dat as jy wil onttrek saam met almal anders, die kanse van sukses baie skraal is. Die oplossing is een van die volgende twee opsies: Moenie tegelykertyd met almal anders probeer ry nie, of andersins, moenie op dieselfde paaie as al die ander probeer ry nie.
Ons weet hoe lyk die hoofweë onder normale omstandighede – ‘n motor met ‘n pap wiel kan verkeer vir ure ophou. Dink net hoe die paaie sal lyk as honderde duisende motoriste gelyk besluit om die stad te verlaat (sien die finale onttrekking in die fliek “Deep Impact” vir ‘n voorbeeld). Toe die orkaan Katrina die kus aan die Golf van Mexiko getref het, was daar ongelooflike verkeersopeenhopings omdat almal gelyk probeer wegkom het, op dieselfde paaie (as wat hulle daagliks gebruik en ken).

Indien moontlik moet mens nie probeer om op die nippertjie weg te kom nie – dit gaan waarskynlik nie werk nie. Dis hoekom dit belangrik is om gereed te wees vir ‘n moontlike onttrekking – eerstens deur jou ingesteldheid (“mind-set”), en tweedens deur jou voorbereiding. Dit sal egter nie altyd moontlik wees om vooraf waarskuwing te hê nie, wat lei tot die tweede opsie – die “agterpaaie”.
Onthou, die onvoorbereides het moontlik nog nooit gedink oor onttrekking in ‘n krisis nie – hulle sal die pad wat hulle gewoonlik ry om uit die stad te kom, kies. Dis belangrik om vooraf kennis te neem van die alternatiewe paaie, en die beste is om fisies die pad te gaan ry (moenie net ‘n kaart of GPS vertrou nie). Grondpaaie gaan baie minder verkeer dra as die hoofweë in so ‘n situasie.
Dit is ook belangrik om ondervinding te hê met GPS ontvangers – moenie net een koop en dink jy hoef nie verder oor navigasie bekommerd te wees nie. Daar loop baie stories oor mense wat verdwaal en selfs verongeluk het a.g.v. GPS-foute (wat gebruikers foute en foutiewe elektroniese kaarte insluit). Hierdie reël geld vir meeste toerusting – kundigheid is meer werd as toerusting. Te veel mense dink hulle kan maar net geld op die toerusting spandeer – leer ken dit wat jy wil gebruik.
Een manier om jou GPS prakties te leer gebruik, is die “sport” van “Geocaching” (amper soos ‘n skattejag). Die idee is dat individue of organisasies ‘n “skat” iewers versteek, en die GPS posisie daarvan op die internet bekend maak. Die persoon wat die “skat” vind word op een of ander manier beloon, maar word ook versoek om iets agter te laat vir die volgende besoek.