KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Sunday 11 September 2011

ALGEMENE VOORBEREIDING.




Die ideaal om na te streef in die voorbereiding vir selfversorgendheid, is om so ver as moontlik onafhanklik van ander te kan oorleef.  Prakties kan so ‘n strewe nie werklik verwesenlik word nie, maar daar is baie wat mens kan doen om daarnatoe te werk (en jou afhanklikheid te minimaliseer).
Dit is egter so ‘n moeilike taak, dat dit maklik as “onmoontlik” beskou kan word en die strewe laat vaar word.  Die koste van voorbereiding kan ook na ‘n onoorkombare probleem lyk.  Dit is dus belangrik om mylpale te stel en die proses in stappe af te handel.
As eerste mylpaal kan mens byvoorbeeld as doelwit stel om vir 72 ure te kan oorleef in haglike omstandighede.  Dit is byvoorbeeld waar ‘n “gryp-en-hol” rugsak inkom, of ‘n oorlewingsak in jou voertuig.  So ‘n rugsak is al in ‘n vorige pos bespreek.
As volgende doelwit of mylpaal kan mens vir twee weke voorberei.  Dit is belangrik om so ver moontlik, al die fasette van voorbereiding gelyktydig aan te spreek, en toepaslike hoeveelhede van items aan te skaf.
Byvoorbeeld:  as jy net 200 liter brandstof vir jou voertuig het, is dit onnodig om verskeie stelle onderdele vir toekomstige dienste aan te hou – die voertuig gaan op die beste 2000 tot 3000 km loop voor die brandstof gedaan is, en dis onwaarskynlik dat die voertuig meer as een olievervanging gaan nodig hê in daardie tyd.  Spaar onderdele vir iets wat breek, is natuurlik ‘n ander storie.
Net so, as jy ‘n gaslamp besit, kyk na die gemiddelde leeftyd van die sakkie (“mantle”).  Is dit nodig om 10 ekstra sakkies aan te koop as jy net twee of drie bottels gas vir die lamp het (wat moontlik nog met ‘n stoofplaatjie gedeel moet word)?
Dit is beter om te begin met die “lys van lyste” wat voorheen bespreek is, en te poog om op alle terreine eers vir 72 uur, dan twee weke, een maand, drie maande, en een jaar (of langer) voor te berei, as om die lyste van die begin af van bo af te probeer afmerk vir bv. 1 jaar se voorraad.
Met voedselberging van langer as 3 maande is dit belangrik om na sade te begin kyk – die kweek van ‘n groentetuin vat tipies ten minste 3 maande om te begin voedsel lewer, so as jy net vir 2 weke kos het, is ‘n versameling saad laer prioriteit as nog meer kos.
Die kos wat jy bymekaar maak moet ten minste voedsaam wees soos bv: rys, mieliemeel, bone, pasta, soja ens.