KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Monday 19 September 2011

DRINGENDE WAARSKUWING.





HIERDIE UITTREKSEL VAN VAANDEL SE BLOG IS UITERS BELANGRIK!!
DEUR ADRIAAN SNYMAN OPGESTEL
Ek het onderstaande inliting enkele dae gelede van ‘n baie betroubare bron ontvang. Hy is jare lank reeds op hoogte met die werksaamhede van MI6, die geheime dienste van Nederland, Frankryk en Israel. Hier skets hy nie net vir ons breedvoerig die gebeure wat gelei het tot Julius Malema se meteoriese opgang in die ANC nie, maar gee ook ‘n moontlike scenario van wat in die nabye toekoms in Suid-Afrika kan gebeur. Wat hier gesê word, het my opnuut laat besef dat die Britte se haat en wraaksug teen die Boervolk sedert die 2de Vryheidsoorlog nog niks verander het nie.
Dit was MI6 wat die ANC gehelp het om ons land te vat, en dit gaan ook hulle wees wat Malema gaan bystaan in sy “finale revolusie” wat hy nog vanjaar wil voltrek. ‘n Mens wil nie spoke opjaag nie, maar ek dink dis miskien tyd dat ons in alle erns die waarskuwings wat al op hierdie blog se kommentare uitgegaan het, ter harte neem!
Uit wat aan my meegedeel is, kon ek onderstaande artikel saamstel. Inligting uit ander plaaslike en buitelandse bronne bevestig wat gesê word:
Julius Malema se vinnige opgang in die ANC kan teruggevoer word na Oliver Tambo en Operasie Vula in die tagtigerjare. Tambo is in 1943 gekies as die eerste leier van die ANC se Jeugliga en het later ANC-president geword. Na sy verkiesing as president het hy vanuit sy wegkruipplek in Muswell Hill, Noord-Londen, begin om teenkanting teen apartheid te mobiliseer, en hom terselfdertyd beywer vir die uitwissing van “ontroue” ANC-lede.
Maar al sy pogings om apartheid vanuit die buiteland af te breek, het egter weinig vrugte afgewerp.
Selfs die sogenaamde Sharpville-slagting, waarop Tambo en MI6 hul hoop gevestig het, kon die meerderheid kerkvaders nie van hul ingeslane weg van apartheid laat afsien nie. Op aandrang van die WRK is die Cottesloe-beraad toe in Johannesburg belê. Hulle doel was om die dik, stewige muur van apartheid wat net die blanke ingesluit het,om te stoot. Maar ten spyte van al die Wêreldraad van Kerke se verbete pogings, was daar na afloop van die beraad skaars ‘n krakie in die muur sigbaar.
Die beraad het regstreeks voortgespruit nadat duisende swartes op 21 Maart 1960 in Sharpeville in die Vaaldriehoek aan ‘n protesoptog deelgeneem het (dit was deur MI6 geïnisieer), en Harold Macmillan, eerste minister van Brittanje sy “winde van verandering”-toespraak in die Parlement in Februarie 1960 gelewer het. Altesaam 80 afgevaardigdes van agt Suid-Afrikaanse lidkerke van die Wêreldraad van Kerke het van 7 tot 14 Desember 1960 in Cottesloe vergader om die NP se rassebeleid onder die soeklig te plaas.
Die uiteinde van die beraad was dat die Nederduitse Gereformeerde Kerk finaal gebrandmerk is as apartheidskerk wat geweier het om standpunt in te neem teen die regering. Slegs enkele predikante was ten gunste van die beraad (waarvan ds. Beyers Naudé die bekendste was).
Gedurende die volgende twee dekades is daar met die invloed van die WRK, baie subtiel liberalke teoloë in die topstruktuur van die drie Afrikaanse susterskerke (maar veral die NG Kerk) in die ingeskuif wat openlik gekant was teen die beleid van differensiasie uit ‘n Christelike oogpunt. Prof. Johan Heyns was hier die leidende figuur.
Teen die vroeë tagtigs het hulle invloed reeds tot op alle vlakke deurgesuurdeeg, en het die Britse Geheime Diens besef die tyd is ryp om op te tree. Oliver Tambo is gekontak met ‘n Plan wat SA “sonder slag of stoot in ANC hande sou laat val”. Die Plan was só eenvoudig dat selfs Mandela vanuit sy tronksel laat weet het hy twyfel of dit sal slaag. Maar Tambo het dit aangegryp en dadelik in werking gestel:
Verbode senior ANC figure is uit die buiteland na SA gebring om die “struggle” aan te vuur en swartes voor te berei vir ‘n grootskaalse opstand teen blanke oorheersing én om informante (opponente) in ANCgeledere uit te snuffel en te elimineer.
Die operasie het gelei tot die afkondiging van twee noodtoestande deur PW Botha, en verskerpte maatreëls teen die toenemende swart opstande wat keer op keer op geweld en bloedvergieting uitgeloop het. Maar uiteindelik was dit Botha self wat die apartheidsmuur begin aftakel het toe hy die eerste Kleurlinge in die Parlement toegelaat het. MI6 se plan was só suksesvol dat Nelson Manela in Februarie 1990 vrygelaat is en vier jaar later die land kon oorvat.
Maar na byna 15 jaar in die kussings het die ANC begin besef dat die ekonomiese mag van Suid-Afrika steeds rotsvas in blanke hande is.
En weer was dit sy ou vriend (MI6) wat moes help om hierdie laaste ankerpaal van blanke oorheersing uit te ruk.
In sy voorlegging aan die ANC in Junie 2006 sê MI6 o.a. dat hy in sy onntleding van die Afrikaner  se psige die volgende waarneming gemaak het: Daar is twee uitstaande pilare waarop hulle volksetos en -trots rus, nl. die kerk en sport. Vertroebel eersgenoemde en ontneem hom die tweede en jy sit met ‘n ontwortede Afrikaner wat verward ronddryf tussen wat is reg en wat is verkeerd. En as hy dan besef dat sy sportpilaar ook kan tuimel, sal hy alles, ja, alles gee om dit nie ook te verloor nie.
Met 1992 se referendum (daar moes gestem word of die NP met die ANC moet onderhandel of nie) – die dominee het toe reeds in sy wolfspak geparadeer, het FW de Klerk die blanke kiesers met behulp van die media netjies in MI6 se slagyster laat trap. Hy het hulle gewaarsku dat as daar nie ja gestem word nie, Suid-Afrika nooit weer internasionaal op sportgebied sal kan meeding nie. Die meerderheid kiesers was verbysterd by die aanhoor daarvan, en kon nie gou genoeg hul kruisie trek om hul vaderland en hul kinders se toekoms weg te gee vir ‘n drie agter die pale nie, maar goddank ons het nie net ‘n halwe “trooster” behou nie, maar ook nog sokker bygekry, waarna geeneen van ons ooit gekyk het nie!
Ook vir die dominee was die sportgod ‘n reddingsboei. Sonder teëspraak kon hy sy preke vervroeg om nie op die rugby-uitsendings inbreuk te maak nie; sy bidure afstel sodat almal aandwedstryde kon bywoon of op TV volg. En nou met die Wêreldbeker in Nieu-Seeland kon meer as 50 predikante hulle kuddes op die oop veld agtergelaat om ‘n vertrapte land, wat nie eens meer aan hulle behoort nie, se basterspan te gaan ondersteun.
MI6 se Plan wat hy in 2006 aan Malema voorgelê het om die ekonomiese mag te bekom, was byna dieselfde as dié wat in 1985 aan Oliver Tambo voorgehou is. Die weerbarstige Julius Malema het al in 2002 hulle aandag getrek toe hy ‘n Cosas-optog deur Johannesburg se strate gelei het wat gekenmerk was deur chaos, geweld en pludering. In die daaropvolgende vier jaar is hy noukeurig deur MI6 gemonitor, en toe nadergetrek. Vir bykans 18 maande lank is hy deeglik voorberei, met groot somme geld en beloftes van nog meer, vir Operasie Vula II. Net soos sy voorganger, Oliver Tambo, word hy in 2008 ook leier van die ANC-Jeugliga. Van daardie dag af is hy deur MI6 getaak om die jeug gereed te maak vir die Finale Opstand (Final Uprising), waarin o.a. ook swart “informante en teenstanders” genadeloos geëlimineer sou word, blankes hulle ekonomiese mag sou verloor, en as apartheidsskurke uitgewis moes word.
MI6 wat ook vir Robert Mugabe geskool het, het Malema Zimbabwe toe gestuur om by Mugabe te gaan kers opsteek. En hy was nog skaars terug of hy kondig aan dat hy op die myne, plase en banke beslag gaan lê.
Hy word nietemin gewaarsku dat Jacob Zuma sy “grootste teenstander” is en sy pad na die presidentspos kan belemmer; maar MI6 verwag van hom om Zuma (voorlopig) “goed” te behandel, aangesien hy hom gaan nodig kry om sekere doelwitte te bereik.
Toe Zuma, die eertydse veiligheidshoof van die ANC, besef die jong  Malema is ‘n “getroue” kameraad wat selfs “bereid is om vir hom te strerf”, het hy onvoorwaardelik sy volle steun gegee aan die opmars om die wit mag ekonomies en fisies te vernietig – heeltemal onbewus daarvan dat Malema besig is met ‘n verraderlike skynspel – presies volgens die voorskrifte van Operasie Vula I: “raak ontslae van opponente wat in jou pad staan”. Die plan waarvolgens hy te werk moet gaan, is glo reeds in plek.
Met die wapenskandaal van enkele jare gelede, is die geldgierige Zuma met bykans R50 miljoen verryk. Iets waarvan Malema deeglik kennis dra en nie sal aarsel om te gebruik, sou Zuma die pappot omroer of mede-ANC-lede teen hom opstook nie.
Om egter sy lojaliteit te bewys, het Zuma op 1 Junie vanjaar die gewese ANC terroris-spesialis, Solly Shoke, as Verdedigingshoof aangestel. Shoke is daarvoor bekend dat hy en Winnie Mandela gedurende die tagtigs sowat 400 “ontroue” ANC-lede met die halssnoermetode laat vermoor het, en hy was ook saam met Zuma in Kamp Quatro waar hulle opleiding in terreur en marteling ontvang het.
Zuma het in die ANC se Kamp Quatro, in Angola, destyds eiehandig etlike honderde ANC-kaders verwurg, geskiet, en doodgemaak. Sy bynaam was “die slagter”, want wanneer hy met sy moordorgie klaar was, het het daar plasse bloed om hom gelê.
Die Weermag bestaan vandag hoofsaaklik uit terroriste wat deel was van die “struggle”. In 1994 is APLA en Umkhoto we Sizwe (albei ook terroriste groepe) daarin opgeneem. APLA (Azanian People’s Liberation Army) het na 1986, sy aanslag teen blankes begin met die kreet “one settler, one bullet”, terwyl Umkhoto we Sizwe (Spies van die Nasie), die ANC se militêre vleuel op 16 Desember 1961 deur Mandela self gestig is om die guirilla-oorlog teen blankes te verskerp.
Met Shoke se aanstelling het Malema dus die versekering dat die Weermag in die komende revolusie sy aan sy met hom sal veg. Pas na Shoke se aanstelling het Malema dan ook begin om die laaste skuiwe vir sy “revolusie”  te maak, wat o.a. die volgende insluit:
1. As geharde Kommunis het hy, soos die res van Afrika se leiers, blankes daarvan beskuldig dat hulle swartes se grond gesteel het, en het geëis dat hulle soos kriminele behandel moet word. In reaksie hierop het swart leerlinge op Jan Kempdorp begin om blanke onderwysers as “honde” uit te skel.
2. Met sy “haatspraak-hofverskyning” het hy en Winnie Mandela, ten aanskoue van die pers en honderde ANC-ondersteuners, mekaar op die trappe van die hooggeregshof gesoen. Daardie soen was ‘n bevestiging  van Winnie dat sy by hom staan, dat die kaders van die ANC se terreurvleuel, Umkhonto we Sizwe, gereed is, en dat sy hulle bevelvoerder in die “finale stryd” sal wees.
3. Toe die eerste blanke plaasboer op 24 Oktober 2000 in Zimbabwe vermoor is, het die hele wêreld wraak gesweer. Selfs Engeland het Mugabe met vergeldingsaksies gedreig; maar tot vandag toe het daar niks van gekom nie, en sit hy nog stewig op die perd wat MI6 vir hom in 1980 opgesaal het. Anders as met Egipte, Libië en Sirië het nóg Amerika nóg Brittanje ingegryp om die skending van menseregte in Zimbabwe te stuit. Malema sal dieselfde voordele as sy mentor geniet. MI6 het ook aan hom vrye teuels belowe met sy beplande opmars teen die blankes. Dis hoekom hy hom glad nie steur aan regter Colin Lamont se uitspraak in die gelykheidshof dat die woorde “Dubula iBhnu” (“Skiet die Boer”) haatspraak is nie. Hy wil juis vir die blanke wys dat hy hulle haat, en is woedend vir wittes wat hulle daarteen uitspreek, want “hulle staan in die pad van die revolusie”.
4. Cosatu se optogte is oorgeneem deur aggressiewe jeugdiges wat met handskoene aan en balaklawas, die strate beset het;  almal gewapen met pikstele, panga’s en stokke. Sedert enkele weke gelede verskyn Malema gereeld met die ANC-mus of baret op sy kop. Dis gewoonlik net elite troepe in ‘n weermag wat dit op pad oorlog toe mag dra. Chris Hani het ook dikwels daarmee verskyn.
5. Nadat Pseudo-vakbondlede basiese militêre opleiding by ons weeragbasisse gekry het, is hulle eerste salvo vir die revolusie asfgevuur met ‘n “verskroeide aarde beleid”. Dit was fenomenaal suksesvol: Meer as 700 000 hektaar weiding en landbougrond is in brande vernietig; sowat 3 500 stuks vee het doodgebrand, en sovêr bekend, het twee boere hul lewens in die vlamme verloor. In Bethal het daar tot 6 brande rondom n enkele plaas gewoed, en talle boere het hul hele wintervoervooraad verloor.
6. Die talle stakings van die afgelope maande was bloot oefenlope om te kyk hoe deeglik paaie en strate afgesny kan word. Dit was veral die brandstofstaking wat bewys het hoe vinnig paniek en chaos kan ontstaan toe daar binne enkele dae meer as 300 vulstasies sonder brandstof was.
7. Cosato is nou van plan om in Oktober weer met ‘n staking te begin om die die heffings op tolpaaie te stuit. En Zwelinzima Vavi het gewaarsku dat hulle nie sal aarsel om die land tot stilstand te bring nie. Maar die eintlik doel is om Malema se Rooi Oktober in te lui. Onder Kommuniste, wêreldwyd, is Oktobermaand van groot belang en waarde. Dit was gedurende Oktober dat die Bolsjewistiese revolusie, wat reeds in Februarie 1917 begin is, ‘n hoogtepunt bereik het met die finale omverwerping van die Russiese regering in Petrograd, ook bekend as St. Petersburg.
8. Die begin én verloop van sy ekonomiese revolusie en oorlog teen die wit minderheid in Suid-Afrika, het hy vir ons op 10 September in Alexandra, met dag en datum, volledig geskets, maar terselfdertyd ook gewaarsku dat daar (wit) ongevalle sal wees: “Die dag het aangebreek en op (wyle) O.R. Tambo (oud-ANC-leier en Jeugliga-president) se verjaasrsdag (27 Oktober) neem ons die stryd teen monopolie-kapitaal (die Jode) na die Johannesburgse Aandelebeurs en die Uniegebou (waar Zuma die septer swaai).
“Daarna kom die myne, banke en grondhervorming aan die beurt.
“Die wiites is midadigers, hulle het ons land gesteel, en moet as sodanig behandel word. Ons wil ons grond verniet terughê.
“Ons, die Jeugliga, vra nie om verskoning vir ons standpunte oor nasionalisering van myne en grondhervorming nie…”
Op Facebook bevestig ene Thato Mbateti Mbateti dat die kameradie tussen Zuma en Malema sy einde nader, en dat Malema van plan is om Zuma binne ses weke dood temaak. Moontlik is dit net ‘n ydel dreigement, maar volgens my bron in Nederland het Malema geen ander keuse as om Zuma “uit te haal” as hy die leisels wil oorneem en sy  sy revolusie wil deurvoer nie!
* Dit laat my dink aan wat Siener gesê het:
“Ek sien ’n klein, maer kaffertjie halflyf verrys uit die aarde, en gister het ek weer ’n visioen gehad. Ek sien dat die kaffertjie gegroei het tot ’n magtige kryger wat heeltemal uit die aarde te voorskyn kom, en die assegaai en skildvel wat hy bokant sy kop uitstoot se skaduwee val dwarsoor ons land. Dis vér vorentoe, en dan sien ek dat hy agter ’n newel verdwyn. Maar voor dié tyd het ek ook ’n donkerte oor die land sien neerdaal…”
Elders het hy ook gesê hy sien ons kyk in die geweer se bek met ‘n swart vinger op die sneller, maar net voordat die skoot afgaan, verskyn ‘n hand van Bo en klap die geweer weg – dan sien hy hoedat swartes op mekaar begin skiet.
Alles dui daarop dat die vinger op die geweer se sneller net Malema s’n kan wees, want anders as Peter Mokaba wat gesing het “Kill the farmer, kill the Boer!”, sing Malema “Shoot the Boer!” Hy sê dus ondubbelsinnig dat hy ons wil doodskiet!