KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Thursday 29 September 2011

NOG STADIGER.



Die ANC se Minister van Vervoer is tereg bekommerd oor die slagting op die land se paaie as gevolg van die talle ongelukke. Dit is waarsknlik waar sy korrekte insig ook ophou.

Hy het aangekondig dat hy by die kabinet voorgestel het dat die snelheidsgrens op deurpaaie verminder moet word na 100 kilometer per uur.

As egter na die aantal ernstige ongelukke van die afgelope twee maande gekyk word, blyk die volgende:

• Die Knysna-busramp waarin 15 mense dood is, het nie op ‘n deurpad plaasgevind nie. Die bus was oorlaai met 58 passasiers in ‘n bus wat net 32 kan neem, en skynbaar was die bus nie padwaardig nie;


• 16 skoolkinders is beseer in ‘n ongeluk by Pietermaritzburg toe ‘n minibus-taxi en ‘n motor bots. Dit was op die R56 – dis nie ‘n deurpad nie;

• ‘n Gesin is uitgewis op die Molotopad toe ‘n Putco-bus skynbaar aan die verkeerde kant van die pad was. Dit was nie op ‘n deurpad nie;

• 11 is dood in ‘n busongeluk by Beaufort-Wes. Dit het plaasgevind op die R61 – nie op ‘n deurpad nie;

• Die naweek is twee kinders dood in ‘n ongeluk naby Koster in Wes-Transvaal. Dit was nie op ‘n deurpad nie, maar die aanleiding daartoe was ‘n slaggat in die pad;

• Wel op ‘n deurpad was ‘n ongeluk op die N3 in Natal waar nege dood en 53 beseer is na ‘n botsing tussen ‘n bus en ‘n minibus taxi.


Ons kan dus ‘n paar afleidings maak, waarvan die mees ooglopende is dat daar ‘n probleem is met die openbare vervoer, naamlik busse en minibus-taxi’s. Inderdaad het die minister wel opdrag gegee dat elke bus en taxi afgetrek en ondersoek moet word. Ons wonder net hoeveel van hulle gaan daardie vinnige ondersoek op die pad slaag met ‘n paar rand in die sak van korrupte verkeersbeamptes. Elke voertuig wat ondersoek is, behoort van ‘n plakker voorsien te word met die datum en tyd wanneer hy ondersoek is, met ‘n verwysing na wie die persoon is wat die ondersoek gedoen het. Sodoende sou korrupsie ook aangespreek kon word.


Voorts is die slaggate in die paaie ook ‘n oorsaak van dood, en daarvoor is die minister met sy provinsiale kollegas self verantwoordelik. En die meeste groot noodlottige ongelukke vind nie op deurpaaie plaas nie.

Nou moet wetsgehoorsame motoriste, wat verantwoordelik bestuur en hulle motors deurentyd padwaardig hou, gestraf word deur stadiger te moet ry omdat die regering weer eens nie teen die werklike skuldiges optree nie. Spoed kan ‘n ongeluk inderdaad erger maak, maar dat dit die alleenoorsaak is, is onsin. In Duitsland is daar op die Autobahn geen snelheidsbeperking nie, en baie minder ongelukke vind daar plaas, omdat basiese verkeersreĆ«ls, soos om vir vinniger verkeer toe te gee en nie in die middelste of vinnigste baan voort te kruip nie, gerespekteer word, omdat bestuurders nie hulle lisensies koop of ongelisensieerd rondry nie, en omdat voertuie padwaardig bly.


Voordat die Minister daaraan dink om motoriste verder te frustreer met boetebepalings soos laer snelheid, tolgeld en dies meer, moet hy sy verantwoordelikheid nakom en die paaie weer rywaardig maak, sonder slaggate, sy verkeersafdelings suiwer van korrupsie, en sorg dat wetstoepassing, veral ten opsigte van busse en taxi’s, nagekom word. Gaan spreek die probleem by die probleem aan, nie by ons wetsgehoorsame en versigtige bestuurders nie.