KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Friday 9 September 2011

SWART, SWARTER, SUID-AFRIKA.



Van alle hoflike gebare en mooi praatjies van die ANC-staatshoof, Jacob Zuma, teenoor die Afrikaners het nie veel oorgebly nie.

Voordat hy president geword het is hy dikwels gesien by of met Afrikaners om hom. Hy woon Solidariteit se kongres by, hy besoek verarmde witmense in plakkersdorpe in Pretoria, en hy nooi landbouleiers om met hom te kom gesels oor landbou en voedselsekerheid.


Sedert hy president geword het, was omtrent die enigste gebaar na Afrikaners, om doktor Pieter Mulder aan te stel as adjunk-minister, en in wese Afrikaners daardeur verdeel het oor of dit korrek was om die pos te aanvaar of nie. Die arm blankes se omstandighede het nie verander nie. Landbouleiers kry sedertdien nie eens antwoorde op hulle briewe as hulle vra om die aanvanklike gesprekke oor voedselsekerheid voort te sit nie. Daardie gesprekke kan nie gevoer word as die mislukkende grondhervormingsprojekte nie bespreek word, en die gevaar van verdere grondoordrag vanaf kommersiële boere nie aangespreek word nie. Zuma wil nie daaroor praat nie, want grondhervorming is sy beleid. Die Groenskrif oor grond wat eersdaags vrygestel gaan word, praat selfs van ‘n beperking op die grootte van die grond vir blanke boere. Landbou moet en sal verswart, ongeag die gevolge daarvan, en Zuma is ten volle deel van sy party se beleid daaroor.


Armblankes se sake raak hom nie regtig nie. Daar is trouens te min van hulle, in terme van sy party se beleid. Dié week het Zuma weer eens sy kleure gewys toe hy tydens ‘n beraad vertel het dat die rassistiese beleid van “affirmative action” (waarna terloops totaal verkeerd verwys word as “regstellende aksie”), waarvolgens swartes op grond van velkleur bevoordeel word, uitgebrei en versnel moet word. Solidariteit se pleidooie teenoor Zuma, ook op hulle eie kongres wat hy bygewoon het, van ‘n sonsondergangsklousule vir “affirmative action”, is daarmee wat die regering betref van die baan. Die maatreëls wat Zuma aangekondig het om swart bevoordeling te versnel, gaan uiteindelik in wese ‘n beperking plaas selfs op handelsbevoegdhede van ondernemings, blykbaar tot in die private sektor. Sou dit dus deurgevoer word, beteken dit dat ons blanke plakkerskampe kan verdubbel of verdriedubbel, want dit sal armoede vergroot.

Aan die ander kant sal dit die landsekonomie ernstig benadeel. Ongelukkig moes ons deur ondervinding al leer dat ekonomiese wette en realiteite geen prioriteit is vir die ANC nie. Dit gaan om die ideologie, naamlik herverdeling van eiendom, sogenaamd om daarmee rykdom te herverdeel. Die swartes wat nie het nie, en wat strate van Johanneburg in barbaarse slagvelde verander as hulle jeugleier tot verantwoording geroep word, moet kry – iets waarvoor ander hard gewerk het en waarvoor hulle self geen vinger verroer het om te kry nie. Dit is wat herverdeling van rykdom uiteindelik beteken.


Dan kom Nehawu ook nog en eis dat die hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid, Willie Hofmeyr, afgedank moet word en deur ‘n swarte vervang moet word. Hofmeyr se ANC-lidmaatskap help hom dus net mooi niks. Hy is wit en moet uit. Hoeveel te meer geld dit nie vir die blankes wat openlik krities teenoor die ANC staan nie?

Weer eens dwing die vraag hom op of dit enigsins die moete werd is om met die regering enigsins in gesprek te tree op grond van ekonomiese oorwegings. Die regering steur hom nie aan ekonomie nie. Dit gaan by Zuma en die ANC oor die ideologie van bevryding, waarby hulle ook ekonomiese bevryding insluit. Die kosbare tyd en geld wat spandeer word om ‘n onoortuigbare regering te probeer oortuig, kan dalk veel eerder gebruik word ten behoewe van ons vryheidstryd, want as ons nie vry word, en nogal redelik vinnig nie, sal ons as volk ondergeploeg en uiteindelik uitgewis word. Dit word steeds duideliker: die ANC wil alles pikswart hê: ‘n Suid-Afrika sonder blanke gesig. Nie eens in sy eie party nie!