KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Friday 18 November 2011

VEILIGHEID OP ONS PAAIE.



Binnekort breek die somervakansie aan en talle mense gaan agter die stuurwiel
 inskuif vir die jaarlikse padslagting....
Die slagting is maar deel van ‘n groter verskynsel waar respek vir wet en orde
 aan die taan is.
Die berugte blouliginsident waartydens ‘n jong seun ernstig beseer is toe hy deur
 ‘n motor van ‘n LUR raakgery is, is ‘n manifestasie hiervan. Drank en spoed kry
 gewoonlik die skuld vir die noodlottige ongelukke, maar daar is ook
 padwoedegevalle en ander insidente wat sterker op ‘n siek ingesteldheid van 
die mense agter die stuurwiel dui. Die sosiologie noem dit anomie, en word
 omskryf as ‘n toestand van wetteloosheid voortspruitend uit ‘n gebrek aan 
maatskaplike norme. Dit beskryf die verbrokkeling van die maatskaplike bande
 tussen mense. Dit beskryf ook ‘n gevoel van vervreemding voortspruitend uit
 die gevoel van doelloosheid. Dit dui op ‘n gebrek aan etiek of etiese kodes.


Volgens nuwe data uit Nederland is daar ‘n regstreekse verband tussen
 bestuurders wat ‘n geneigdheid het om verkeersboetes op die lyf te loop,
 en om ongelukke te maak.
Volgens die Stigting vir die Wetenskaplike Ondersoek na Verkeersveiligheid, 
maak motoriste wat nege verkeersboetes per jaar kry, ‘n halfpersent van die
 bevolking uit, maar is vir ses persent van die ongelukke verantwoordelik.
Anders as ‘n studie wat in 1995 in Kanada gedoen is, dui die jongste navorsing nie
 op ‘n eweredige toename tussen die hoeveelheid boetes en die kans om ‘n
 ongeluk betrokke te raak nie. Vir nege boetes is die kans tien keer so groot
 om ‘n ongeluk te maak as net vir een boete. By 17 boetes is die kans ‘n 100 
keer groter.
Dié syfers vind ook in die aantal padsterftes neerslag. Die norm is dat die kans
 vir ‘n sterfte vir elke 50 000 kilometer wat gery is, een uit 10 000 is. By motoriste
 met nege verkeersboetes per jaar, is die kanse egter een per duisend.
Suid-Afrika het ook ‘n interessante statistiese verband tussen wetstoepassing 
en padsterftes: Hoe laer die persentasie aangekeerdes vir dronkbestuur per
 100 000 van ‘n provinsie se bevolking, hoe hoër is die padsterftes wanneer die
 sterftes en motors per kilometer vergelyk word. Vir die min of meer 
ooreenstemmende tydperk (met 2008 as ankerjaar), lyk die posisie so, in
 volgorde van aangeklamde aangekeerdes per 100 000 per provinsie, die 
aantal padsterftes en die voertuie per kilometer. Sentraal-Transval se bevolking
 is sowat 9 miljoen, ongeveer drie keer soveel as die Vrystaat se ongeveer drie
 miljoen.


 Die aantal padsterftes is ook bykans drie keer hoër, maar Sentraal-Transvaal se
 sterftes vind plaas in ‘n verkeersdrukte wat meer as agt keer so groot is; dus sou
 verwag word dat die padsterftes in Sentraal-Transvaal veel hoër sou wees. Hier is
 egter veel strenger wetstoepassing teen dronkbestuur, met ongeveer dubbel
 soveel motoriste per 100 000 van die bevolking wat aangekeer word.  
Die Oos-Kaap se bevolking is meer as dubbel so groot soos dié van die Vrystaat
 en die padbesetting bykans dubbel, maar die aantal padsterftes is heelwat
 minder as dubbel – die wesenlike verskil weer eens is dat die wetstoepassing
 teen dronkbestuur ook bykans dubbel so streng is.
Daar is talle ander faktore, soos padtoestande, die gemiddelde ouderdom van
 voertuie, en of dit ‘n tipiese deurryprovinsie is wat die werklike padbesetting
 verhoog. 



Volgens navorsing wat die Mediese Navorsingsraad tydens nadoodse ondersoeke
 gedoen het, was 61 % van die voetgangers wat in ongelukke gesterf het, onder
 die invloed, en 59 % van die bestuurders.
Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie, wat ‘n wye verskeidenheid bronne
 gebruik, is Suid-Afrika se jaarlikse padsterftes per 100 000 van die bevolking
 die 72de hoogste ter wêreld, naamlik 20,2. Italië, wie se padgebruikmaniere
 betreklik berug is, is 150ste, met die koers 8,4. Australië se koers is 6,8, dié van
 Nederland 4 en Japan 3,8.
Anomie is egter net ‘n rede, nie ‘n verskoning nie, en wanneer ons agter die
 stuurwiel inklim om saam met die gesin langs die groot blou dam te gaan
 uitspan, neem ons beheer oor ‘n potensiële moordtuig.
Eerder as om ‘n potensiële doder te wees kan baie mense ‘n potensiële
 lewensredder wees en gaan bloed skenk.
Veilig ry.