KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Monday 14 November 2011

VALKE BEKYK SLUIPMOORD.



Die polisie se elite-ondersoekeenheid, die Valke, is betrokke by die ondersoeK
 na mev. Chanelle Henning (26) se sluipmoordenaars.


Beeld het verneem “dit is net ’n kwessie van tyd” voordat dié twee mans agter
 tralies is.


’n Bron na aan die ondersoek het gesê die polisie het “goeie inligting” wat hulle
 opvolg en “ons gaan hulle binne die volgende week of twee vastrek”.


Die polisie het eergister twee identikits uitgereik van twee mans wat Henning
 vermoedelik Dinsdagoggend voor haar seun, Benjamin (5), se kleuterskool in
 Faerie Glen, in die ooste van Pretoria, doodgeskiet het.


Ao. Annabelle Middleton, polisiewoordvoerder, het gesê verskeie mense wat
 die mans vóór Henning se moord gesien het, het eergister bymekaar gekom
 om saam identikits van die moordenaars op te stel. Dié mans is reeds
 Maandag voor die Morning Star Montessori, waar Benjamin skoolgaan,
 opgemerk.


Henning het ook Maandag by haar ouers, mnr. Ivan Saincic en sy vrou,
 Sharon, gekla dat sy agtervolg word.


Die motorfietsryers is Dinsdag sowat 40 minute voordat Henning geskiet
 is ook voor die skool gesien waar hulle haar vermoedelik ingewag het.


Toe Henning by die skool wegtrek, het hulle aan haar bestuurskant 
verbygery en haar deur haar ruit geskiet.


Haar motor het sowat 350 m van die skool tot stilstand gekom waar 
sy dood is.


Middleton het gesê die een verdagte het ’n snor, is tussen 35 en 40 jaar
 oud, sowat 1,7 m lank, is maer en het ’n ligte vel. Die ander verdagte
 het nie ’n snor nie, is tussen 50 en 55 jaar oud, sowat 1,86 m lank,
 het ’n ligte vel met baie plooie en is middelmatig gebou met ’n
 boepens. Albei is wit.


Hulle het op ’n motorfiets gery wat soortgelyk aan ’n Kawasaki
 Ninja of Honda-motorfiets is. Die motorfiets was swart of donkergrys.


Die twee mans het leer-motorfietsklere gedra wat al oud lyk, asof dit
 baie gedra is.


’n Roudiens word vanmiddag vir Henning in Hartbeespoort gehou.
  • Mense met inligting kan kapt. Peet van der Spuy bel by
  •   082 565 9112.






Die polisie het dié identikit uitgereik van een van die mans wat
 vermoedelik betrokke was by mev. Chanelle Henning se moord.



’n Polisie-identikit van die verdagtes in mev. Henning se moord.



OPVOLG: 




  



Die vermoorde mev. Chanélle Henning het verskeie mense ’n geleentheid op ’n beter lewe gegee deurdat talle van haar organe, waaronder haar korneas, geskenk is.

Past. Kobus Windt het gister tydens haar roudiens in Hartbeespoort gesê Henning (26) was ’n orgaanskenker.

Dit is onbekend hoeveel van haar organe geskenk is nadat sy verlede week in ’n sluipmoordaanval doodgeskiet is, maar die familie het gesê dit is baie.

“Chanélle het haar lewe hier (op aarde) uitgeleef. Sy was so onselfsugtig dat sy besluit het om ander mense ’n tweede kans op ’n beter lewe te gee,” het Windt gesê.

Die trane het veral oor die wange van Henning se ouers, mnr. Ivan en mev. Sharon Saincic, haar broer, Romano, en suster, mev. Monique Habberton, asook haar vervreemde man, mnr. Nico Henning, geloop terwyl Windt vertel het hoe ’n wonderlike mens Henning was.

Windt het gesê toe hy verlede Dinsdag saam met Henning se ouers op die toneel in Faerie Glen, in die ooste van Pretoria, gebid het, het hy besef hoe tydelik die lewe is.

“Dit maak nie saak wie jy is, wat jou professie of jou naam is of waar jy bly nie, ons almal moet die paadjie van die dood stap,” het Windt gesê.

“Die lewe is nie in ons hande nie. Dit is tydelik en onvoorspelbaar. Ek mag môre miskien nie meer hier wees nie of selfs nie eens vanaand huis toe gaan nie.

“Ons moet vriendskappe koester en tyd saam met ons geliefdes deurbring.”

Habberton het gesê Dinsdag was die ergste dag van haar lewe “omdat ’n pragtige, sagte liefdevolle vrou van ons weggeneem is”.

Henning is dié oggend voor haar seun, Benjamin (5) se kleuterskool, Morning Star Montessori, in Nevadasingel deur twee motorfietsryers deur haar motorruit geskiet.

Haar motor het sowat 350?m van die skool onder ’n boom in Manitobarylaan tot stilstand gekom en sy is daar dood.

“Toe my suster dood is, het ’n deel van ons almal doodgegaan,” het Habberton gesê.

“Die volgende dag was net so erg, want toe moes ons haar in die lykshuis gaan uitken. Dit het my geknak.

“Net soveel soos ek my suster nie daar wou agterlaat nie, moet ek God dank en dankbaar wees vir die tyd wat ek saam met my suster kon hê.

“Ek sal jou vir ewig liefhê en jou mis.”