KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Friday 18 November 2011

THOMAS NOG NIE WAKKER, MAAR HY REAGEER OP OUERS.


Die Krugersdorpse matriekseun wat Saterdag 5 November deur ’n
 bloulig-voertuig omgery is, reageer al wanneer sy ouers met hom praat.

Thomas Ferreira (18) was op sy motorfiets toe hy deur mnr. Humphrey 

Mmemezi, LUR vir plaaslike regering en behuising, se ampsvoertuig getref
 is. Hy is sedertdien in ’n koma in die waakeenheid van die
 Krugersdorp-hospitaal en het moontlik breinskade opgedoen.

Sy dokters het onlangs die verdowing begin verminder om hom uit die

 koma by te bring.

“Hy druk ons hande en hy beweeg sy skouers,” het mnr. Paul Ferreira,

 Thomas se pa, gister gesê. “Sy een oog is ook oop en die oog beweeg.
 Hy is nog nie heeltemal by nie. Dit sal nog ’n rukkie vat, maar die
 dokters is positief.”

Thomas is Dinsdag van die ventilator afgehaal. Hy het longontsteking

 opgedoen omdat hy so lank aan die ventilator gekoppel was, maar ook 
dié infeksie is onder beheer. Hy is ook van die breinmonitor afgehaal.

Intussen is Mmemezi se bestuurder steeds nie aangekla nie, hoewel ’n 

saak van roekelose of nalatige bestuur ondersoek word.

Lt.kol. Katlego Mogale, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie is nog

 besig om verklarings by getuies af te neem. Sy kon nie sê of die
 bestuurder reeds ’n verklaring afgelê het nie.

Mnr. Xoli Mngambi, premier Nomvula Mokonyane se woordvoerder,

 wou gister steeds nie sê na watter “dringende afspraak” Mmemezi op
 pad was nie omdat dit glo deel is van die polisie se ondersoek.

Hy het vroeër gesê dat Mmemezi skriftelik op dié vraag sal reageer as die wetstoepassingsowerhede dit van hom versoek.

“Ek kan niks verder sê nie. Kom ons respekteer die polisie-ondersoek,”

het Mngambi gesê.
- Die Justice Project South Africa se versoekskrif teen bloulig-voertuie het 

teen gistermiddag amper 12 000 handtekeninge gehad. Belangstellendes
 kan die versoekskrif aanlyn teken by 
http://www.turnitaround.co.za/petition/17/banning-blue-light-brigadesRT
 of volg die skakel op www.jp-sa.org.