KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Friday 18 November 2011



Die Tshwane-metro het gister die soveelste amptelike instelling geword
 wat in die arbeidshof slae gekry het oor die manier waarop wit mense
 verkeerdelik uitgesluit word in die toepassing van regstellende aksie. 

Die Johannesburgse arbeidshof het gister ’n bevel uitgereik wat die

 Tshwane-metro dwing om ’n werknemer met 12 jaar diens ’n regverdige
 kans te gee vir bevordering nadat hy glo van die kortlys geskrap is 
weens regstellende aksie.

Beeld het dokumente in sy besit wat wys hoe die name van mnr. 

Marco de Sampaio, ’n ingenieurstegnoloog, en nog twee wit 
aansoekers van die kortlys vir die pos van adjunkdirekteur vir
 stelselontwikkeling in die metro se departement van water en
 sanitasie geskrap is.

“Herskryf kortlys. Neem billikheidsreg in ag,” is ter verduideliking langs

 die name geskryf wat doodgetrek is.

Die swart aansoeker wat oorgebly het op die kortlys is nie aangestel

 nie en die pos is sedert 2008 steeds vakant gelaat.

De Sampaio neem al drie jaar waar as adjunkdirekteur en het 

sedertdien nog twee keer om die pos aansoek gedoen, maar nie
 weer die kortlys gehaal nie.

Ander dokumente toon die metroraad het verlede maand tydens 

’n vergadering besluit mense wat nie aangestel mag word nie omdat
 hulle nie verteenwoordiging gaan bevorder nie, mag nie op ’n
 kortlys geplaas word nie.

Volgens die hofbevel moet die metro De Sampaio op die kortlys plaas en in die laaste week vandeesmaand ’n onderhoud met hom voer vir die pos. 

“Die respondent se onderhoudsproses vir die pos sal op ’n regverdige

 en konsekwente wyse gebeur met oorweging van die kandidate op die
 kortlys se kwalifikasies, ndervinding en geskiktheid sonder om
 billikheidsreg in ag te neem,” lui die hofbevel.

Die pos mag nie vakant gelaat word nie en as iemand anders as 

De Sampaio aangestel word, moet die metroraad skriftelik redes
 vir die besluit gee.

Die vakbond Solidariteit, wat die saak namens De Sampaio hof toe

 geneem het, het aangevoer die metro se optrede is nie in
 ooreenstemming met die Wet op Billike Indiensneming nie.

“Ons beskou die hofbevel as ’n oorwinning vir geregtigheid en ’n 

oorwinning vir meriete,” het dr. Dirk Hermann, uitvoerende adjunkhoof
 van Solidariteit, gesê.

“Inwoners van Tshwane kan nou weet die beste persoon vir die pos

 gaan aangestel word en die beste diens gaan gelewer word.”

Dit is die 22ste hofsaak waarby die vakbond betrokke is teen wat hy

 die onbillike toepassing van regstellende aksie deur ’n staatsinstelling
 noem.

Volgens Hermann oortree werkgewers die wet dikwels deur

 “verteenwoordiging” in ag te neem, maar nié regverdigheid, vermoë
 en objektiwiteit, soos die wet vereis nie.

Die vakbond is besig met hofdokumente vir ’n sambreelsaak waarin 

hy “regstellende aksie as geheel” in die arbeidshof wil pak. 

De Sampaio het gesê die hofbevel gee hom ’n kans om die metro na

 die beste van sy vermoë te dien.
Mnr. Marco de Sampaio en nog ’n wit applikant se name is van die kortlys geskrap. 
Foto’s: MARY-ANN PALMER