KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Follow by Email

Tuesday, 8 November 2011

ONS VOLK.



Getallegewys is ons volk klein teenoor ander volke. Maar as die gesamentlike prestasies wat ons volk in die verlede behaal het met die prestasie van veel groter volke vergelyk word, sien ons dat die Boerevolk ‘n reus kan wees as hy sy Godgegewe gawes en talente voluit benut.
‘n Mens staan verstom as jy dink dat ons voorouers binne ‘n skamele honderd jaar na die Groot Trek ‘n volwaardige, ontwikkelde land van niks af kon opbou, volledig met selfs ‘n eie, volwaardige taal en prestasies van wêreldgehalte op elke gebied.
Meer nog, hierdie reusagtige ontwikkelingswerk is gedoen terwyl hulle twee vryheidsoorloë moes veg teen die destydse magtigste moondheid in die wêreld.


Terwyl ‘n oordadige oormag hierdie roofoorloë teen ons volk gevoer het; terwyl Engeland ‘n volskaalse volksmoord teen ons volk se vroue en kinders gepleeg het, het een van die grootste skandes denkbaar ‘n smet op ons volk se geskiedenis gelaat: Op 7 November 1901, gister presies honderd-en-tien jaar gelede, het die Britse invallers die veragtelike National Scouts Corps gestig.
Hierdie mag was die breinwerk van generaal, APJ Cronjé, voormalige aanvoerder van die Potchefstroomse kommando en broer van generaal Piet Cronjé. Die geskiedskrywer, AM Grundligh, skryf in sy boek, Die hensoppers en joiners, dat selfs die aartskurk, Milner, van die National Scouts gesê het: “Ek erken dat die oorgrote meerderheid van hulle manne van ‘n lae tipe is wat lae motiewe het.”


Terwyl die Boerevolk na die oorlog moeisaam besig was om ons land op te bou, moes hulle ook die terugslag ervaar van ontroue leiers wat die jongmanne wat die konsentrasiekampe oorleef het, opgevorder het om as kanonkos in Engeland se oorloë te dien. Dit het gelei tot ‘n rebellie waarin troue burgers en generaals dood is en in die tronk gesmyt is.
Maar steeds het die kern van die Boerevolk, ten spyte van al hierdie terugslae en remskoene, gebou en ‘n gesonde republiek ontwikkel, waarin ons selfs ruim vir ‘n oormag agterblyers gesorg het.
Dit het ons voorvaders reggekry met harde werk, suiwer prestasie, toewyding en geloofstrou.


Vandag is ons volk weer uitgelewer aan ‘n plunderende oormag en ‘n volksmoord. Derduisende van ons volksgenote is reeds vermoor, gemartel, landuit gedwing of in uitsiglose armoede gedompel.
Die vraag vir elkeen van ons is nou: Waar staan ék?
Gaan ek kruipend oorsluip na my volk se vyande in die hoop dat dit daar met my beter sal gaan, as word ek selfs deur hulle verag?
Gaan ek iewers in ‘n volksvreemde stroom tussen die getalle-oorwig van koues, loues en onaktiewes vir my ‘n hensopperige korttermynskuiling soek?
Gaan ek my oë sluit vir die plundering van my volk se bates en my ore vir die sterwensroggel van my mense, en my maar besig hou met die leë afleidings van sport en ontspanning waarmee die vyand my probeer sus?
Of gaan ek, soos my bittereinder-voorouers, weier om oor te gee? Gaan ek werk en presteer, bid en glo, totdat my volk weer vry is?