KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Thursday 17 November 2011

HY SAL OOR 5 JAAR TERUG WEES.


Selfs al misluk sy appèl of word hy toegesluit vir korrupsie, sal hy 
terugkeer na die ANC, het mnr. Julius Malema, geskorste ANC-jeugleier,
 gister op ’n nuuskonferensie hier in Lu­thuli-huis gesê.
“Ek sal nooit my eie party stig nie. Ek is gebore in die ANC en ek sal
 sterf in die ANC. My bloed is swart, groen en goud.”
Die jeugliga het gister sy plan van aksie om appèl aan te teken
 teen die skorsing van sy leierskorps bekend gemaak.
Malema het die aanklagte teen die liga as ’n “heksejag” beskryf en
 gesê hulle verwerp die ANC se Nasionale Tugkomitee (NTK) se
 bevindings en die skorsing van sy leiers.
Malema is verlede week vir vyf jaar uit die jeugliga én die ANC
 geskors en mnr. Floyd Shivambu, jeugliga-woordvoerder, vir drie
 jaar nadat die NTK bevind het hulle het die ANC-grondwet oortree.
 Die res van die leierskorps het ’n opgeskorte vonnis gekry.
Volgens Malema is die besluit om die jeugleiers te skors geneem nog
 vóór die tugverhoor begin het.
“Die wyse waarop en spoed waarteen die NTK die klagte ingestel het,
 was net ’n manier om die besluit (wat reeds geneem was) om van die
 leiers van die ANC-jeugliga ontslae te raak, te regverdig.
“Net dié wat hulle blind hou, sal glo die kwessie is suiwer oor dissipline
 en nié met die bedoeling om politieke speletjies te speel of debat te 
onderdruk nie.”
Die verhoor was nie objektief of onpartydig nie en jeugleiers het nooit
 die geleentheid gehad om versagtende omstandighede voor te hou
 nie, het Malema gesê.
Die ANC het kort ná die nuuskonferensie in ’n verklaring gesê die
 jeugliga het die volste reg om te appelleer, maar dit is
 betreurenswaardig dat hy die NTK se integriteit in twyfel trek.
“Die doel van die uitkoms van die NTK-proses was nie om politieke
 speletjies te speel nie.
“Enige sinspeling daarop dat die klagte om dié rede teen hulle
 ingebring is en die uitkoms ‘polities’ was, is daarom sonder enige 
substansie.”
Malema het gesê hy het geen “gevoelens” vir pres. Jacob Zuma nie
 omdat hulle ’n politieke verhouding het, maar dat die jeugliga hom
 as president van die ANC steun.
Hy het die openbare beskermer (OB) en die Valke uitgedaag om
 bewerings van korrupsie teen hom te bewys.
“Laat hulle my toesluit oor hulle politieke agendas. Ek sal tronk toe
 gaan en ek sal weer terugkom.”