KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Monday 21 November 2011

POLITIEKE SLUIPMOORD.



Die geskiedenis het telkens bewys dat mense, of groepe mense, wat met sekere
 ideologieë behep is, nie huiwer om andersdenkendes deur middel van politieke
 of ander sluipmoorde uit die pad te vee nie. Vandag 48 jaar gelede het Amerika 
se president John F. Kennedy aan die hand van die sluipmoordenaar Lee Harvey 
Oswald gesterf. Tydens die verhoor van Oswald is te kenne gegee dat Oswald 'n
 toegewyde Kommunis was. Die vraag wat dadelik ontstaan het is: Wat sou die
 betreklik jong  president Kennedy gedoen het wat horn der mate die gramskap
 van die Kommuniste op die hals gehaal het dat hy met sy lewe moes boet?  
Amerika se hoofregter Earl Warren, het egter in September 1964 bevind dat 
Oswald alleen opgetree het en daarmee was dit die einde van die storie.



John Kennedy was daarop ingestel om Kommunisme te beveg. Gedurende
 April 1961, kort na sy bewindsaanvaarding, het die Bay of Pigs-voorval
 plaasgevind. 'n Groep Kubane moes na die geweldadige Castro
 bewindoorname uit Kuba vlug. Die bedreigde Kubane wat in Amerika
 skuiling gevind het, het onder leiding van Amerika se CIA, Kuba probeer binne
 val om hulle vaderland uit die hande van die Kommunistiese diktator Castro te
 red. Die inval het misluk en die wereld se Kommuniste, met Rusland aan die 
voorpunt, het reuse propagande welslae uit die voorval geput.

John Kennedy het egter sy stryd teen die Kommuniste voortgesit. Sy grootste
 prestasie gedurende sy kort regeringstydperk, is gedurende Oktober 1962
 behaal. Kennedy het gedurende daardie maand daarin geslaag om die destydse
 Kommunistiese regering van die Unie van Sosialistiese Sowjet Republieke, 
 of te wel Rusland en sy kolonies, te dwing om sy missiel-basis in Kuba af te
 breek. Die missiel-basis wat met die instemming van die USSR se skoothondjie
 en diktator van Kuba, Fidel Castro, opgerig is, het 'n groot bedreiging vir Amerika
 en die Weste ingehou.




Teen die agtergrond van die reuse politieke knoeiery kan mense nie kwalik 
geneem word nie as hulle twyfel aan regter Earl Warren se uitspraak waarin
 hy bevind het dat Oswald alleen opgetree het. Byna drie jaar na die sluipmoord
 op John F. Kennedy, is 'n ander vegter teen Kommunisme, dr. Hendrik Frensch
 Verwoerd, in die Suid-Afrikaanse parlement in Kaapstad met 'n mes doodgesteek.
 Ook in die geval is beweer dat die moordenaar, Demetreo Tsafendas – wat tydens
 die aanval alleen opgetree het-  'n kommunis was.
Navorsing het bevind dat byna 90 persent van alle politieke sluipmoorde wat
 gepleeg word, deur sogenaamde alleenlopers gepleeg word wat een of ander
 geestes-probleem of stremming ervaar. Is die bevinding toevallig of soek die
 beplanners van politieke sluipmoorde hulle werktuie met voorbedagte rade
 baie noukeurig uit?