KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Friday 18 November 2011

BLOU LIGTE: POLISIEMOTO TREF DOSENT OP MOTORFIETS.



’n Dosent aan die Tshwane-Universiteit van Tegnologie (TUT) is op sy motorfiets omgery deur ’n polisiemotor met ’n blou lig wat in ’n kruising ingery het.

Die polisielede het ná die botsing glo nie eens uit hul motor geklim om te kyk of mnr. P.K. Smit (48) seergekry het nie. Twee van sy ribbes is gebreek.

“Toe ek die polisieman vra wat is so belangrik dat hy ’n rooi verkeerslig moet verontagsaam, het hy gesê: ‘Maar my blou ligte was aan,’ ” het Smit gesê.

Smit was Maandagmiddag in D.F. Malanrylaan op pad om eksamenvraestelle te gaan aflewer. Op die hoek van Skinnerstraat en D.F. Malanrylaan het hy by ’n rooi verkeerslig gewag. Toe dit na groen oorslaan, het hy weggetrek.

“Toe ek in die middel van die kruising is, kom ’n polisiemotor met ’n stink spoed aangejaag. Net sy blou lig was aan, nie sy sirene nie. Ek het in my helmet gehoor hoe hy rem.”

Smit het uitgeswaai en die blitspatrolliemotor se passasierskant getref. Hy het op die teerpad geval.

“Die twee polisiebeamptes het in hul motor gebly terwyl ek op die teer gelê het,” het Smit gesê. “Hulle het my nie eens kom vra of ek oukei is nie.”

Dié bloulig-voorval het gebeur kort nadat Thomas Ferreira (18) van Krugersdorp deur die ampsmotor van mnr. Humphrey Mmemezi, Gautengse LUR vir plaaslike regering en behuising, omgery is. – Hilda Fourie