KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Friday 18 November 2011

MALMESBURY-PLAASAANVAL: JONG PAARTJIE BESEER.


'n Jong paartjie is vanoggend ernstig beseer in 'n plaasaanval naby
 Malmesbury.

Volgens 'n polisieverklaring het 3 mans vanoggend omtrent 03h die
 agterdeur van die plaasopstal oopforseer.

Die verdagtes wou geld en waardevolle items by die 26-jarige man en 
sy 29-jarige verloofde hê. Die verdagtes het hulle oorrompel en met 'n
 byl en 'n staalpyp aangeval.

Die man het ernstige wonde aan sy rug, borskas, arms en bene.

Na sowat 'n uur het die verdagtes met wyn en 'n DVD-toestel gevlug.

Die vrou het daarin geslaag om die sekuriteitsmaatskappy en die polisie 
te kontak. Toe die polisie op die toneel opdaag is hulle albei ernstig
 beseer en bebloed aangetref.

Hulle is hospitaal toe geneem maar die man is later, weens die erns
 van sy beserings, na Paarl Medikliniek oorgeplaas.

'n Saak van poging to moord en roof word ondersoek.

Enigiemand met inligting kan die volgende nommers bel:  082 8904 414 of 02248-22761.