KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Friday 19 August 2011

MANDELA, TUTU EN MALEMA - DIE ROOI LIGTE BRAND.


Die ondertone en ooreenstemmings van die swart rassiste Nelson Mandela, Desmond Tutu en Julius Malema is verstommend identies. Waaroor dit gaan, is hulle diepliggende haat vir dit wat wit is. Met hulle uitsprake word aan die Marxistiese aanslag in die Nuwe Demokratiese Rewolusie (NDR), momentum gegee. Die voltrekking van die aanslag teen alles wat wit is, lê voor die deur.

Die Mandela-psigose waaraan sekere witmense ly, is verstommend. Die Kleurling-radiostasie, RSG was in Julie, elke dag besig met politieke propaganda oor die “ikoon Nelson Rolihlahla Mandela” waarin klein kindertjies gebruik was om Mandela op te hemel tot vervelens toe. Ou vrouens, wat seker niks het om te doen nie en dit geniet om na hulle eie stemme te luister, snik lofliedere tot sy eer. Dit is om van siek te word. Om alles te kroon het die sakeman, Bok van Blerk met De la Rey, op ‘n motorfiets ‘geklim’ om by die kakofonie aan te sluit. Hy sal sekerlik nie op sy toer oor De la Rey ‘sing’ nie. Ook nie oor ‘n rugbybal nie! Gelukkig is daar diegene onder ons wat deur Van Blerk gesien het.

Dit sal miskien goed wees as ons ‘n slag van naderby die ikoon, Mandela bekyk en wat hy vir ons beteken het!

RIVONIA

Daar is geen beter plek om na Mandela te luister en hom te weeg nie as by die Rivonia-verhoor waar hy en andere aangekla is vir Hoogverraad nie.

Sy veelgeroemde “Statement from the dock” is sekerlik die beste plek om te luister wat die ANC beoog het.

Mandela aan die woord:
We believe that South Africa belongs to all the people who live in it, and not to one group, be it black or white.

The most important political document ever adopted by the ANC is the 'freedom charter.' It is by no means a blueprint for a socialist state. It calls for redistribution, but not nationalisation, of land; it provides for nationalisation of mines, banks, and monopoly industry, because big monopolies are owned by one race only, and without such nationalisation racial domination would be perpetuated despite the spread of political power. It would be a hollow gesture to repeal the gold law prohibitions against Africans when all gold mines are owned by European companies. In this respect the ANC's policy corresponds with the old policy of the present Nationalist party which, for many years, had as part of its programme the nationalisation of the gold mines which, at that time, were controlled by foreign capital. Under the freedom charter, nationalisation would take place in an economy based on private enterprise. The realisation of the freedom charter would open up fresh fields for a prosperous African population of all classes, including the middle class. The ANC has never at any period of its history advocated a revolutionary change in the economic structure of the country, nor has it, to the best of my recollection, ever condemned capitalist society.

Political division, based on colour, is entirely artificial and, when it disappears, so will the domination of one colour group by another. The ANC has spent half a century fighting against racialism. When it triumphs it will not change that policy.

During my lifetime I have dedicated myself to this struggle of the African people. I have fought against white domination, and I have fought against black domination. I have cherished the ideal of a democratic and free society in which all persons live together in harmony and with equal opportunities. It is an ideal which I hope to live for and to achieve. But if needs be, it is an ideal for which I am prepared to die.

Wat die ANC bereik het is swart dominasie en wit onderdrukking en verdruk­king. Julius Malema sê niks nuuts oor nasionalisering wanneer hy die volk met sy neusgate aanspreek nie. Wat Mandela reggekry het is die kunsmatige skepping van ‘n swart middelklas en die verarming van witmense.

Oor ras het Mandela dit gesê. Desmond Tutu sê niks nuuts wanneer hy witmense wil belas omdat hulle wit is nie. Dit is al gesê. Al wat nou nog moet gebeur, is die in werkingstel daarvan. Dit is die kenmerk van rassiste - hulle praat almal dieselfde taal. As gevolg van die tydsverloop tussen Mandela se planne en Malema se gegorrel, gaan dit wat beoog was en wat bereik gaan word, nie dieselfde wees nie. Malema gaan suur mynwater nasionaliseer en die myne sal afgebreek word en vir skrootmetaal verkoop word, soos in die geval van die Aurora-groep. Swart bemagtiging is wit onderdrukking!

Wat staan ons te doen?

TLU SA se president, mnr. Ben Marais sê dat dit duidelik is dat die Jeugliga se eise nie net praatjies van ’n klomp jong heethoofde is nie en dat dit in werk­likheid ondersteun word deur beide die ANC en Cosatu, waarskynlik op grond van die SAKP se kommunistiese agenda. “Die ANC het dus blatant gelieg oor sogenaamde versekerings dat nasionalisering nie op die tafel is nie. Cosatu het nou openlik erken dat die ANC-taakspan reeds aanvaar het dat nasionalisering sal plaasvind maar dat daar nog net besin moet word hoe dit prakties uitgevoer moet word.”

Mnr. Marais sê die feit dat vir alle nasionalisering vergoeding ter sprake is behalwe op grond bevestig TLU SA se standpunt dat die kommersiële boer, wat kos aan almal voorsien, geteiken word om vernietig en uitgeroei te word. “Is dit dan ook die rede waarom daar nie die aandag aan plaasmoorde gegee word wat dit vereis nie, want elke boer wat nie meer daar is nie is ’n probleem minder as dit kom by nasionalisering?” vra mnr. Marais.

“Ten spyte daarvan dat daar geen enkele suksesverhaal van nasionalisering in die wêreld gewys kan word nie loop die ANC en sy trawante reguit op die ekonomiese afgrond af wat dit skep. Die tyd het nou aangebreek dat georganiseerde landbou en georganiseerde besigheid in Suid-Afrika dringend byeenkom en hande vat om almal se belange te beskerm teen die ernstigste bedreiging nog wat die ekonomie en die land nou te wagte is. TLU SA sal binne dae prosesse aan die gang sit om tersaaklike rolspelers byeen te bring.”

Daar is groot dankbaarheid vir die insig wat na instansies kom oor wat die planne van die ANC en sy kommunistiese bondgenote vir witmense inhou. Ongelukkig is dit laat in die dag as gevolg van die benadering van agteroorbuig en polities korrek te wil bly. Een groepie sal dit ook alleen nie regkry nie. Die totale Boerevolk en almal wat wil. moet gemonster word om gereed te maak vir die aanslag wat op ons wag. Teen hierdie agtergrond word duisende jong swartes opgelei by militêre instellings. Dit behoef nie ‘n siener om te raai vir watter doel nie.

Dit het tyd geword om wakker te word en saam te staan!