KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Tuesday 23 August 2011

GEWELDADIGE BETOGINGS.



Elke jaar, tydens die stakingseisoen, is daar voorvalle van geweld. Dit sluit voorvalle van intimidasie, die omkeer van vullisdromme en vandalisme in.

Vanjaar, so lyk dit, is ‘n blaadjie uit die boek van die onlangse Britse betogings geneem en word die geweldsaspek ‘n paar trappies verder geneem. Hoewel die uitdrukking van die protes baie ooreenstem, is die grondliggende oorsake taamlik verskillend. Anders as in Brittanje, het hierdie stakers en oproermakers werk. Dit gaan in hoofsaak daaroor dat daar genoeg geld is om verhogings en bonusse te betaal.

Waar die loongaping in die munisipale sektor enkele jare gelede in die orde van 36 keer was, het dit nou na sowat 52 keer aangegroei. Terwyl daar ‘n morsige oop hand is vir diegene wat nie die boeke tot die bevrediging van die Ouditeur-Generaal kan laat klop nie, is die hand taamlik toe vir die mense wat die wind en weer trotseer. Elke jaar is baie lede van die publiek simpatiek oor die stakers se eise, natuurlik tot hulle hul begin wangedra, soos die onluste by die Kovsiekampus in Bloemfontein.

Die grondliggende oorsaak hiervoor is dat die rektor, prof. Jonathan Jansen, na jarelange politieke spanning op die kampus, studentepolitiek verbied het. Geen politieke party mag aan studenteraadsverkiesing deelneem nie. Dié verbod is so erg dat Afriforum-Jeug, ‘n kulturele liggaam, ook nie op die kampus as studentevereniging mag registreer nie, en Afriforum het al met regstappe gedreig.


Tog het Sasco onlangs op Facebook begin spog oor hoe dit in die verkiesing gaan vaar, en basies reeds ‘n aantal setels in die sakkie het. Dit het die Vryheidsfront-jeug erg laat brom. Intussen het Jansen, op sy Facebook, studente aangeraai om op vorms waar ‘n mens se ras gevra word, ras dood te trek en bloot “mens” in te vul.

‘n Dag of wat later word lede van die ANC-jeugliga, die SAKP-Jeug en die SA Raad van Kerke, na bewering met busse aangery om saam met ‘n groepie Sasco-lede te betoog en op Jansen en die UV-raad se afdanking aan te dring. Latere berigte het gelui dat Sasco op die kampus hom van die gebeure gedistansieer het. Jansen het gouer op Facebook gereageer as wat die UV amptelik iets uitgereik het, en gou ‘n wavrag steun op die blad gekry van wit en swart studente.

Volgens ‘n Facebook-inskrywing is ‘n polisieman met ‘n baksteen teen die kop gegooi.

Die ironie is dat hierdie betogers – wat waarskynlik ‘n klein minderheid verteenwoordig – die rassevlam op die kampus aangesteek het deur ook die verbode “Kill the Boer” te sing en bewyse aan die UV-bestuur voorsien het dat die kampus nie gereed is om aan gewone politiek wat ‘n demokrasie onderlê, deel te neem nie. Op daardie ouderdom het hulle reeds stemreg om parlementslede en munisipale raadslede te kies, maar blyk politiek onvolwasse te wees om ‘n studente liggaam te verkies. Dit mag ‘n klein minderheid wees wat die meerderheid hul basiese regte ontsê.

Soos reeds bekend, is die tersiêre instelling, TUT, onder administrasie geplaas. Akademiese instellings moet owerheidsliggame van kundigheid voorsien en ondersteun.

Studente is veronderstel om die leiers van môre te wees. Juis hulle behoort blootstelling aan die demokratiese prosesse te kry. Juis hulle word danksy die vrot appels daarvan gestroop.