KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Monday 22 August 2011

KOSBLIKKIEPROJEK SKOP AF MET HANDJIEVATDAG.



Solidariteit Helpende Hand het in Junie weer sy jaarlikse Kosblikkieprojek van stapel gestuur. Die projek behels kosblikkiepartytjies waar behoeftige kleuterskole van kos en gebalanseerde spyskaaarte voorsien word. Die projek skop tradisioneel af op Nasionale Handjievatdag op 4 Junie. Tydens Solidariteit Helpende Hand se Handjievatdag word daar landwyd op die bewusmaking van die nood by minderbevoorregte kleuterskole gefokus.
Die eerste partytjie is by die Laerskool Voortrekker – Eeufees in Pretoria – Noord aangebied. Die kleuters het kosblikkies vol lekkernye en Afrikaanse leesboekies ontvang. As deel van die opwinding het die gewilde sanger Jak de Priester sy liedjie Hippie Haai vir die 41 kinders geleer. De Priester het hierdie liedjie spesiaal vir sy 17-maande oue seun, Jamie geskryf. Hy het tydens die geleentheid ook bekendgemaak dat  hy en sy vrou in Julie ouers van n dogtertjie word.
Solidariteit se 17 dienskantore het, in samewerking met Solidariteit Helpende Hand, kosblikkiepartytjies ter viering van Handjievatdag gehou. Tydens die Klerksdorp-partytjie het die kinders elkeen n nuwe handgebreide trui en mussie of gehekelde kniekombersie ontvang. Elkeen het ook n lekkergoedpakkie en worsbroodjie ontvang, en die kleuterklas is met storieboeke en opvoedkundige speelgoed bederf. Robbie Klay het as gaskunstenaar opgetree.
Die Vanderbijlpark-partytjie was ook n groot sukses. Die dienskantoor het lank vooruit beplan om die partytjie vir die kleuters onvergeetlik te maak. Tydens die geleentheid is 41 kleuters en 80 bejaardes van worsbroodjies voorsien. Die kleintjies het ook tassies met lekkernye, komberse, koekies en speelgoed ontvang en is met n springkasteel en poppekas vermaak.
Takke van Solidariteit Helpende Hand het ook nie teruggestaan nie en regoor die land partytjies aangebied. Die Wilgers-Tak in Pretoria het by die Beyersbytjies Kleuterskool in Danville partytjie gehou. Die kleuters het sopbestanddele vir middagete opgesny as deel van fyn motorise oefening. Die sop is saam met brood vir die kleuters bedien. Die tak het ook sopbestandele vir die 60 gesinne geskenk wat weekliks kospakkies by die skool kry. Komberse en sweetpakke is ook uitgedeel.
Die Ceres-Tak het besluit op n Fees van Dankbaarheid omdat daar voldoende voedingsprojekte by die kleuterskole in die omgewing is, en die tak en gemeenskap met oorvloed geseen is. Kleuters en bejaardes is by die fees betrek wat in samewerking met Laerskool FD Conradie aangebied is.
Tydens die verrigtinge het n kleuter die gehoor vertel van sy besluit om sy “Moordpoolbaadjie” vir n behoeftige kleuter te gee. Die Herbie-projek is ook bekendgestel. As deel van die projek is n Volkswagen Kewer, wat soos die bekende Herbie lyk, aan twee pensionarisse geskenk nadat hulle motor uitebrand het. N Rolprent oor Herbie is vertoon, waarna die gaste met die ware Jakob verras is.
Solidariteit Helpende Hand se onderskeie vrouetakke is besig om as deel van vanjaar se projek voedingskemas by 12 behoeftige kleuterskole regoor Suid-Afrika te implementer. Die projek, wat van Junie tot Desember 2011 strek, word in samewerking met die Vereniging vir Voorskoolse Opvoeding en Sorg (VVOS) aangepak.
Met die fondse wat deur skenkings vir die projek beskikbaar is, word dagmoederopleiding ook aangebied. Vanjaar word twee groepe vroue in die Pretoriase Moot en Bloemfontein opgelei. Die doel is om vroue n vaardigheid te leer en werkskepping aan te moedig terwyl die kleuters uitstekende voorskoolse sorg ontvang.
*Indien jy betrokke wil raak, SMS die word “Hand” na 34388 en n agent sal jou bel.