KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Monday 22 August 2011

KRISIS MET VUURWAPENLISENSIES VERDIEP.



Die krisis met die uitreiking van vuurwapenlisensies neem ernstige afmetings aan. Onslangse inligting het aan die lig gebring dat statistiek oor vuurwapenlisensie – aansoeke gemanipuleer word. Die gevolg is dat die minister van polisie, Nathi Mthethwa, se inligting aan die parlement gedurende n sitting in Mei foutief was.
AfriForum het vertroulik verneem dat die aantal hernuwingsaansoeke om vuurwapenlisensies van 2004 tot einde Januarie 2009 ongeveer 1,2 miljoen was en nie 881 136 sso Mthethwa beweer het nie. Dit is ongeveer 300 000 meer aansoeke as wat Mthethwa aan die publiek genome het.
Mthethwa se bestuur het foutiewe statistiek in antwoord op die parlimentere vraag aan hom verskaf. Die inligting wat deur AfriForum bekom is, was dat 1,2 miljoen hernuwingsaansoeke ontvang is, waarvan net meer as 600 000 binne die gegewe tyd afgehandel is. Meer as 530 000 hernuwingsaansoeke is dus nog nie afgehandel nie. AfriForum het die en ander inligting in n brief aan Mthethwa gekommunikeer.
Omdat die agterstand in die hantering van aansoeke om vuurwapenlisensies en bevoegdheidsertifikate veel groter is as wat eers beraam is, het die taakspan wat op 1 Oktober verlede jaar aangestel is om die sentrale vuurwapenregister se agterstand teen 31 Julie 2011 uit te wis, n onmoontlike taak om te verrig.
Die strategie om die agterstand te hanteer, behels onder meer dat sowat 600 lede van die polisie se spoorwegeenheid tydelik aan hul poste onttrek is om met die hantering van vuurwapenlisensie – aansoeke te help. Hierdie besluit is geneem sonder om die gevolge daarvan behoorlik in ag te neem. Die spoorwegeenheid sal daaronder ly en daar sal moontlik n toename in misdaad op treine wees.
Om 600 polisielede sonder die nodige kennis van die Wet op die Beheer van Vuurwapens aan te stel om aansoeke om vuurwapenlisensies te hanteer, hou potensieel katastrofiese gevolge in. Daar word voorsien dat regsgedinge teen die department van polisie ingestel kan word.
AfriForum was genoodsaak om as gevolg van die groot aantal lisensies wat voor die voet en sonder goeie rede afgekeur word, n ooreenkoms aan te gaan met George Nell – n kundige in vuurwapenwetgewing – om AfriForum – lede teen verlaagde tariewe met appelaansoeke by te staan.
Die ooreenkoms behels dat George Nell appelaansoeke teen die afkeuring van vuurwapenlisensies namens AfriForum – lede teen R1 000,00 (BTW uitgesluit) sal behartig en appelaansoeke teen die afkeuring van bevoegdheidsertifikate teen R1 500,00 (BTW uitgesluit). Hierdie prys is meer as die helfde laer as die tariewe wat normaalweg gehef word. Die aanbod is slegs geldig vir AfriForum – lede en u AfriForum – Lidmaatskapnommer moet verskaf word wanneer u van die diens gebruik wil maak.
Die krisis met vuurwapenlisensies kan slegs die hoof gebied word deur die proses vir eers op te skort totdat die Wet op die Beheer van Vuurwapens hersien kan word. Die Wet in sy huidige vorm is swak geskryf met heelwat leemtes, wat dit praktise onmoontlik maak om toe te pas.