KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Tuesday 6 March 2012

KITSOPLOSSINGS WERK NIE...


Die Suid-Afrikaanse ekonomie het nog altyd ’n inherente vermoë
 gehad om krisisse in die wêreldekonomie te oorleef. Hierdie 
vermoë is die resultaat van meer as ’n eeu se ontwikkeling 
onder wyse en doeltreffende staatsbestuur. Daar is genoeg
 aanduidings dat ekonomiese beplanning tans nie meer aan 
die hoë standaarde van die verlede voldoen nie. Ons verwys
 kortliks na ’n paar gevalle.
Die omstrede tolhekprojek in Gauteng bly in die nuus vanweë
 die onbeholpe beplanning wat daarmee gepaard gaan.
 Blykbaar sal die administrasiekoste van die tolhekke sowat
 30% van die inkomste insluk. Dit word vergelyk met die minimale
 koste van slegs twee tot drie persent om belastinggeld in te
 samel. Waarom word die fondse vir paaie en vervoer
 nie gewoonweg deur die belastingstelsel gevorder nie? Verder
 is dit duidelik dat die tolhekke oral verset uitlok en dit hou niks
 goeds in vir die toekoms van dié projek nie.
’n Ekonoom van Nedbank wys op die feit dat daar in die 
jongste begroting nie werklik oplossings aangebied word 
vir die groot probleem van werkloosheid nie. Volgens die nouer 
definisie beloop werkloosheid tans 24%, terwyl dit in terme 
van die breër definisie 35% beloop. Almal besef dat dit
 toegeskryf moet word aan swak beplanning en gebrekkige 
investering.
Een van die kitsoplossings waarmee die Zuma-regering vorendag 
kom, is om nog meer poste in die staatsdiens te skep. Die 
globale salarisrekening van die staat is reeds baie hoog en daar
 word gegis dat die onlangse opflikkering in verbruikersbesteding 
eintlik net aan verhoogde salarisse vir staatsamptenare
 toegeskryf moet word. So sal die probleem van werkloosheid 
nie werklik aangespreek word nie.
’n Kortsigtige benadering in verband met kragvoorsiening het
 ons land sedert 2008 in ’n ernstige energiekrisis
 gedompel. Tans word steenkoolkragsentrales teen ’n versnelde 
tempo opgerig om die tekort die hoof te probeer bied. ’n 
Langtermyn visie ontbreek om aandag te gee aan die gebruik 
van ander bronne soos sonkrag, hidrokrag en windkrag. 
Kernenergie is wel omstrede maar Suid-Afrika beskik reeds
 sedert die eeuwending oor die nodige kundigheid om 
kernkrag veilig op te wek maar die potensiaal word nie ten 
volle benut nie.
Professor Mark Swilling van die Universiteit van Stellenbosch
 het pas ernstige kritiek uitgespreek teen die regering se 
verkoop van grondstowwe aan Brasilië, Rusland, Indië en China.
Daar is reeds begin met die grootskaalse uitvoer van Suid-Afrikaanse 
steenkool na China. Hy wys daarop dat ons land se steenkoolreserwes
 waarskynlik vinniger uitgeput gaan raak as wat verwag is. Die
 oorblywende voorraad steenkool in Suid-Afrika word in nuwe 
studies net op 10 miljard ton geraam en nie 28 miljard ton soos
 amptelik geraam word nie.
Die versnelde uitvoer van grondstowwe is uiteraard ’n kitspoging
 om valuta te verdien pleks van produktiewe nywerhede te 
ontwikkel waarin ons land se grondstowwe verwerk kan word.
 Lande wat tans baie sterk groei, soos China en Indië, vervaardig
 eerder produkte waarmee hulle op die wêreldmarkte kan 
meeding. Dit wil voorkom of die regering se adviseurs dit glad
 nie raakgesien het nie.