‘n Aspek wat die potensiaal het om die polariteit in die land oorboord
te jaag, is die aanslag op die grondwet en die Grondwethof, gelei
deur president Jacob Zuma.
Hoewel Suid-Afrika se grondwet volgens staatsregkenners vol foute
is, word die Grondwethof as een van die bestes van sy soort
internasionaal beskou. Die Grondwethof het egter ook reeds
uitsprake gemaak wat akademici as foutief beskou, terwyl, soos
dit gestel is, al skrikwekkende uitsprake in ander afdelings van
die Hooggeregshof gemaak is.
Nogtans het die Grondwethof oor die algemeen daarin geslaag
om redelik doeltreffend as die teenwig te dien vir magsvergrype
deur die land se uitvoerende en wetgewende gesag. Dit is veral
belangrik na die inploffing van ander wigte en teenwigte
wat minderheidsbelange moes bewaak. Suid-Afrikaanse
presidente het al sewe keer in gedinge voor die Grondwethof
beland, en meer as die helfte van die kere die onderspit gedelf
. Pres. Nelson Mandela het die meeste kere deurgeloop, maar
anders as pres. Jacob Zuma, die neerlae aanvaar en selfs
verwelkom.
Zuma se voortdurende kritiek teen die Grondwethof, en die
vermoë van die hof om die uitvoerende gesag se ongrondwetlike
optredes en besluite in die bek te ruk, het ‘n konsensus onder
akademici en verslaggewers geskep dat die President
skynbaar nie die begrippe grondwetlike demokrasie, en skeiding
van magte begryp nie.
Voorts is dit kommerwekkend dat sy opmerkings momentum
Voorts is dit kommerwekkend dat sy opmerkings momentum
kry en al hoe meer deur die leierskap in die ANC nagepraat word.
Om die Grondwethof van magte te stroop en die land in ‘n gewone
meerderheidsdemokrasie, eerder as grondwetlike demokrasie
te omskep, sal egter ‘n driekwart meerderheid vereis, anders
as die gewone tweederde meerderheid vir grondwetlike
aanpassings. Met die seine aan minderheidsgroepe wat die
ANC nou uitstuur, is so ‘n meerderheid nie haalbaar nie.
Die enigste ander moontlikheid is dat die President die grondwet
opskort, iets wat enorme internasionale gevolge kan inhou. Om
nie eers te praat van die nadelige invloed wat dit om die ekonomie
van Suid-Afrika gaan hê nie.
Die hart van die probleem is dat die ganse grondwet op nie-
rassigheid afgestem is, terwyl die ANC waarskynlik die mees
rasgedrewe regerende partye van die 21ste eeu geword het.
Transformasie, eerder as nie-rassigheid, is voorop, en die
nasionale demokratiese rewolusie word deur die grondwet
gefrustreer.
Die hartseer werklikheid is dat minderheidsgroepe se beste
verskansing in die grondwet, gebreke en al, en die Grondwethof
gesetel sal wees. Enige aantasting van die Grondwethof en sy
funksies sal weerstand by minderhede ontlok en die spanningsvlak
in die land verhoog.
Oor die voorgenome evaluering van uitsprake van die Grondwethof
voel regslui meer positief. Hulle wys daarop dat daar uitsprake is
waaraan die staat na jare nog geen uitvoering gegee het nie.
Hopelik sal die evaluering van uitsprake sulke swakhede ondervang.