die reg het om oor die maksimum aantal leerlinge wat skole mag inneem, te
besluit. Die finale seggenskap lê dus nie meer by skole se beheerliggame
wat hoofsaaklik uit ouers bestaan nie. Volgens regter Boissie Mbha moet
daar ‘n einde kom aan skole se rasgedrewe toelatingsbeleid, veral in die
tradisionele blanke gebiede. Ouers het dus nie meer ‘n onvervreembare
reg om oor hulle kinders se opvoeding te besluit nie, al betaal hulle
dikwels uit hulle eie sak vir bykomende personeel en klaskamers.
Die beheerliggam van die Rivonia-laerskool in Sandton het die plaaslike
Onderwysdepartement hof toe geneem nadat die skool gedwing is om
‘n Graad- een-leerling in te skryf terwyl die maksimum getal leerlinge van
120 vir dié graad reeds bereik is. Die ma van die kind het beswaar gemaak
toe sy weggewys is. Regter Mbha sê al laat die Skolewet beheerliggame
toe om hulle eie toelastings-vereistes te stel, het ouers nie die reg om oor
skole se leerlingtal te besluit nie. Volgens hom het die land se politieke
verlede steeds ‘n invloed op skole omdat blanke skole hoofsaaklik blanke
leerlinge inneem. Hy het bevind dat die beheerliggame van bevoorregte
skole te veel mag het om die onderwyser-leerling-verhouding in klaskamers
kunsmatig te beïnvloed. Volgens hom kan dit op die uiteinde tot groter
rasse-ongelykheid lei.
Hy het in sy uitspraak aanbeveel dat die Nasionale Minister van Onderwys die
norme en standaarde vir skoolgetalle so gou moontlik moet vasstel. Dit is
sedert die jaar 2007 nog nooit gedoen nie.
Die onderwys-drukgroep, Equal Education - wat as ‘n vriend van die hof
opgetree het –het in ‘n voorlegging gemeld dat hy al twee jaar lank probeer
om die minister sover te kry om die minimum norme en standaarde vir
skoolgetalle en die infrakstruktuur van skole neer te lê, maar het elke
keer ‘n bloutjie loop.
Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas),
het hierop gesê die uitspraak gaan meebring dat burokrate en politici
nou weer oor die toelating van leerlinge besluit.
Dit is in stryd met die huidige onderwysbedeling waarvolgens ouers of voogde
die primêre verantwoordelikheid vir hulle kinders se opvoeding dra. Hulle het
die reg om deur staatsowerhede geraadpleeg te word oor die formaat van
onderwys wat aan hulle kinders gebied word met inagneming van taal, kultuur
en godsdiens-voorkeure en het uiteraard inspraak in die beheer daaroor.
Die Onderwysdepartement het die uitspraak verwelkom omdat hy nie kan
voorbly met die voorsiening van onderwysgeriewe as gevolg van die migrasie
na die PWV-gebied nie. Skoolhoofde waarsku egter dat dit ’n ramp sal afgee
as die departement volgende jaar met eise kom om leerlinge in te neem vir
wie hulle nie plek het nie.
Elke kind het die grondwetlike reg op onderwys, maar moet dit ten koste van
die enkele uitmuntende skole in die staat se onderwysstelsel wees? Dit word
keer op keer bewys dat oorvol klaskamers sonder goed-opgeleide
onderwysers die verkeerde resep is.
Die departement sal moontlik nou probeer om die tradisionele blanke skole
te dwing om ras-verteenwoordigend te wees, maar skole het tog bepaalde
toevoergebiede. Dit sal dus geen uitwerking hê op die meerderheid swart
skole in die land nie, maar dit kan blanke skole ‘n gevoelige slag toedien –
nie net getallegewys nie, maar ook kultuurgewys omdat soveel duisende
mense met ‘n volksvreemde agtergrond na die stede stroom.
Die tyd het aangebreek dat daar ernstig besin word oor die uitbreiding van
volkseie onderwys of selfs privaatonderwys en tuisonderrig. Ons het ‘n
gemeenskaplike verantwoordelikheid om toe te sien dat ons kinders
behoorlik opgevoed en onderrig word. Hulle is immers ons belegging
vir die toekoms …