KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Thursday 15 December 2011

BOERE GEMAAN OOR AANVALLE IN FEESTYD.


Verskeie instellings het landbouers gister gemaan om paraat te wees
 teen aanvalle soos dié wat Maandag die lewe van ’n jong boer van
 Merweville geëis het.
Mnr. Fritz Snyders (33) van die plaas Kafferskraal, halfpad tussen
 Merweville en Koup-stasie, is Maandag omstreeks 17:00 ten aanskoue
 van sy vrou, Suzanne (33) na bewering deur ’n 17-jarige plaaswerker
 met sy eie jaggeweer op die stoep van hul plaashuis doodgeskiet.
Die geskokte familie – Snyders se pa, Loodjie, en sy vrou, Magdalena,
 en die oorledene se susters, Anine (31) en Ellarie (18) – is tans saam
 op die familieplaas Bekersfontein, waar hul enigste seun en broer
 begrawe sal word, het mnr. Ferdi Botes, ’n hegte vriend van die
 familie, gister gesê.
“Die begrafnisdiens sal waarskynlik op Merweville plaasvind, maar
 die reëlings is nog nie gefinaliseer nie.”
Die beskuldigde verskyn vandag in die landdroshof op Leeu-Gamka.
Mnr. George Kersop van AfriForum op Oudtshoorn het gesê hulle
 reageer met skok en afgryse op die moord.
“Boere op plase sal hul paraatheid moet opskerp, veral in die Kerstyd.”
Hy het ’n beroep gedoen op die landbougemeenskap om kalm te bly.
 “Hierdie sinlose dade veroorsaak dat boerderybedrywighede aan
 bande gelê word.”
Hy het ook AfriForum se meegevoel teenoor die oorledene se
 familie en vriende uitgespreek.
Agri Wes-Kaap het eweneens sy skok en ontsteltenis uitgespreek oor
 wat beskryf word as ’n “koelbloedige en sinlose” moord.
“Hierdie voorval plaas opnuut die fokus op landelike veiligheid en
 persoonlike paraatheid,” het me. Porchia Adams, korporatiewe
 kommunikasiebestuurder van Agri Wes-Kaap, gesê. “Dit wys ook op
 die morele en sosiaal-maatskaplike verval van ons samelewing.
“Die voorval het die lewe van ’n tweede boer in die Wes-Kaap geëis,
 en volg kort op die aanvalle op plase by Malmesbury, Grabouw en
 Ashton.”
Adams het gesê Agri Wes-Kaap is tevrede met die uitkoms van ’n
 vergadering wat op 8 Desember na aanleiding van dié plaasaanvalle
 met genl. Arno Lamoer, Wes-Kaapse polisiekommissaris, en ander
 polisieverteenwoordigers gehou is.
“Verdere gesprekke oor die toepassing van die masionale landelike
 veiligheidsplan is vir die begin van die nuwe jaar geskeduleer.
 Intussen gaan die sektorpolisiëringseenhede voort met die bestuur
 van landelike veiligheid in die verskillende streke.”
Mnr. Gerrit van Rensburg, Wes-Kaapse minister van landbou en
 landelike ontwikkeling, het gesê samewerking tussen die polisie
 en die landbougemeenskap is baie belangrik. “Die georganiseerde
 landbou werk ten nouste saam met die polisie en ons pleit by boere
 om by gesamentlike forums betrokke te raak. Hierdie soort voorvalle
 verg ’n spanpoging.”