met pensioen uit die Polisiediens geplaas is, se dienstydperk met sewe jaar
verleng is ten einde aan horn 'n hoër pensioen te besorg as wat hy andersins
sou gekry het.
Hierdie optrede het die aandag opnuut daarop gevestig dat 'n nuwe armoede
klas besig is om in die Suid-Afrikaanse samelewing te ontwikkel.
Uit 'n memorandum wat onlangs aan een van die munisipale pensioenfondse
voorgelê is, blyk dit dat daar tans 'n reuse inkomste gaping besig is om op te
bou tussen werkers wat tussen 1993 en 2 000, in dieselfde rang in dieselfde
salarisgroep stadsrade met pensioen uit diens getree het.
As daar vir die oomblik stilgestaan word by die voorbeeld van groeiende
armoede onder munisipale pensioentrekkers, word die armoede gaping
nog groter as die salarisse van dienende munisipale werkers onder die
loep geneem en met pensioenarisse se inkomste vergelyk word.
Dienende munisipale werkers ontvang jaarliks salarisverhogings van tot ses
persent en meer op salarisskale wat baie hoër is as die skale waarop
pensioentrekkers se pensioene bereken word.
Uit die memorandum waarna pas verwys is, blyk dit dat pensioenarisse
van die Fonds aan wie die voorlegging gemaak is, se jaarlikse pensioen
verhogings tussen 2 en 3 % beloop. Volgens die betrokke pensioenfonds
word verhogings ooreenkomstig die inflasiekoers bereken.
Die betrokke pensioenfonds hou nie daarmee rekening nie dat die prys van
brood of elektrisiteit, medisyne of enige ander noodsaaklike lewensmiddel,
vir die pensioenaris teen dieselfde prys en koers styg as wat die prys van
brood of elektrisiteit of enige ander lewensmiddel vir dienende munisipale
vakbondlede styg. Vanweë sy groter verdienste kan die dienende munisipale
werker die verhogings tot 'n groter mate die hoof bied. Benewens salaris, kry
talle werkende vakbondlede ook byvoordele soos behuisingstoelaes en gereelde
verhogings op die toelaes. lets wat pensioenarisse nie kry nie.
Honderde pensioenarisse wat gedurende die negentien negentigs afgetree het,
se pensioene is tans minder as tien duisend Rand per maand. Die bedrae wat
siekeboë by aftree-oorde vra om pensioenarisse te behandel beloop in die
meeste gevalle sewe duisend Rand of meer per maand.
Vergelyk die prys van elektrisiteit, brandstof en kruideniersware vandag
met die prys van die produkte toe pensioenarisse gedurende die negentien
negentigs met pensioen uit diens getree het en daar sal 'n verbysterende
gaping opgemerk word.
Om dus die pensioenaris se pensioen teen 'n onrusbarende lae koers te verhoog,
is om 'n nuwe armoede en selfs bedelaarsklas te skep.
Hierdie is slegs een voorbeeld van die wyse waarop 'n nuwe armoede klas deur
'n bepaalde instelling geskep word.
Die gevaar van die skepping van 'n nuwe armoede klas is enkele jare gelede
reeds aan twee opposisie partye met verteenwoordiging in die parlement
voorgelê. Geen reaksie is tot dusver van een van die partye ontvang nie.
Die memorandum waarna vroeër verwys is, is ook aan die betrokke
pensioenfonds voorgelê. Die betrokke pensioenfonds het ook nie op die
voorlegging gereageer nie.
Die betrokke memorandum betrek slegs die penioenarisse van een munisipale
pensioenfonds.
Tereg kan gevra word: wat is die toestand by ander munisipale pensioenfondse?
Wat is die toestand by pensioenfondse in ander bedrywe as die munisipale bedryf?
Het ons dalk hier te doen met ‘n doelbewuste en berekende skepping van armoede?