invloed het, die verlede as die verkeerde beskou word of anders as volkome
waardeloos. Daarom word die geskiedenis, die verhaal van gister en eergister
, nie meer belangrik geag nie en word ons aangespoor om alles wat agter Iê
, so gou as moontlik te vergeet ..... behalwe ‘n paar gebeure wat die
Amerikaners groot laat skrik het, soos "apartheid" en daarmee saam die
moontlikheid dat hulle toegang tot die minerale rykdom van Suid·Afrika
afgesny sou word. Dit vergeet hulle nie sommer nie en hulle gaan nog steeds
daaroor te kere soos spreeus in 'n kweperlaning.
Almal wat egter die vermoë het om ewewigtig terug te kyk na gister en
eergister, besef dat die geskiedenis 'n uitstekende leerskool is. Daarom sê
die apostel Paulus in sy eerste skrywe aan die gemeente in Korinte. nadat hy
iets van die geskiedenis van die ou volk vertel het : "Hierdie dinge het oor hulle
gekom as 'n voorbeeld vir ons en is opgeskryf vir ons wat die einde van die tye
beleef. Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie
Ons gedenk vandag die feit dat op 9 Desember 1838, die Voortrekkerkommando
onder die bevel van Andries Pretorius by die Wasbankrivier 'n Gelofte afgelê het.
Daardie Gelofte het meer as een maal 'n belangrike rol in ons geskiedenis gespeel.
Selfs vandag het daardie Gelofte nog 'n betekenis. Die Afrikaner wat homself as 'n
erfgenaam van die Voortrekkers beskou, het as gevolg van die Gelofte tot vandag
toe 'n wettige skuld voor God. Ons het 'n plig om Hom op Geloftedag te dank en te
eer,
Daar, by die Wasbankrivier, het die Voortrekkers belowe, soos Jan Bantjes,
die sekretaris van Andries Pretorius dit opgeteken het: “…Dat wij den dag de
r overwinning in een boek zullen aantekenen, om dese overwinning bekend te
maken, zelfs aan onze laatste nageslachten opdat het tot Eere van God
gevierd mag worden .... "
Daarom kom ons Afrikaners elke 16 Desember by mekaar om uit
dankbaarheid vir daardie uitredding, op daardie dag God te vereer. Of mens
kan dit ook so sê : om as die erfgename van die Voortrekkers ons "wettige
skuld aan God" te betaal.
As mens nou gaan kyk wat die Voorlrekker-gemeenskap, wat deur die
uitredding by Bloedrivier behoue gebly het, met die Gelofte gemaak het,
dan sien ons dat hulle inderdaad in 1841 die Geloftekerk, wat in
Pietermaritzburg gebou is, ingewy het. Daarby het hulle die Voortrekkerland,
soos dit in die Retief-Dingaan Traktaat omskryf is, in besit geneem en begin
ontwikkel. Maar, na die anneksasie van Natal deur Engeland in die jaar 1842
, het die meeste van hulle uit Natal weggetrek .... en het die onderhouding van
die Gelofte byna vergete geraak. Sarel Cilliers en enkele ander Voortrekkers
het jaarliks die Gelofte gedenk. Maar daar was nie 'n algemene herdenking nie.
In 1891 het president Paul Kruger van die Zuid-Afrikaansche Republiek op
Paardekraal die latere geskiedenis van die Gelofte so vertel:
"Gedurende die jare .... Is die plegtige Gelofte ... weer uit die oog verloor.
Dit is ... nie meer beskou as 'n dierbare skat van vryheid wat deur die hand
van God geskenk is nie. Die Gelofte is nie trou volbring nie ... waaroor daar
donker dae oor ons gekom het, sodat ons, toe God ons weer die vryheid in
1881 gegee het, die vryheid dierbaar sou ag en sou erken dat ons sterkte
alleen in God is. Hier op Paardekraal, toe ons in benoudheid verkeer het
, het elkeen. sonder dat die leiers daartoe 'n bevel gegee het, elkeen 'n klip
opgetel en dit op hierdie plek gegooi as gedenkteken tussen ons en die Here.
Daarmee is die Gelofte ... hier hernuwe. Kyk weer, God se bestier, sy almag
en wysheid.".
So het vanaf die oorwinnings van die oorlog van 1880 - 1881 wat gelei het to
t die herstel van die ou Republiek, die onderhouding van Geloftedag ‘n
algemene gebruik geword. Vandag is dit al 'n tradisie. Dit is selfs so
sterk dat oral in die wêreld waar daar Afrikaners is, kom hulle op
Geloftedag by mekaar om ons volk se wettige skuld aan die Here God
te betaal. Dieselfde gebeur ook hier in ons land van die Kaap tot aan die
Limpopo. Want ons weet en ons glo dat ons dit aan God verskuldig is om
Hom te dank en te eer vir die uitredding by Bloedrivier. Daarby besef ons
ook opnuut, dat ons volk se hede en toekoms in die hand van God is .