KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Friday 23 December 2011

GEEN FINANSIELE HULP VIR FERREIRA-GESIN.



Johannesburg – Die departement van behuising het nog geen mediese rekeninge van Thomas Ferreira betaal nie, het Mongezi Mnyani, hoof van dié departement Vrydag gesê.

Ferreira, wat in 'n rehabilitasiesentrum versorg word, het 'n hoë koors
 ontwikkel en is omstreeks 14:00 Donderdagmiddag in die
 Krugersdorp-hospitaal opgeneem.

"Hy het 'n hoë koors en hulle het besluit dit is beter dat hy teruggaan
 hospitaal toe," het Paul Ferreira, sy pa, gesê.

Thomas is op 5 November op sy motorfiets omgery deur die bloulig-
voertuig van Humphrey Mmemezi, LUR vir plaaslike regering en
 behuising. Hy het erge kopbeserings opgedoen en is met swelling
 en bloeding op die brein in die waakeenheid van die Krugersdorp
-hospitaal opgeneem.

Mnyani het gesê hy moet nog met die Ferreira-gesin vergader om
 Thomas se mediese rekeninge te bespreek.

"Die departement is toe en ek is nie in die provinsie nie."

Mnyani het gesê hy sal vroeg volgende jaar met die gesin vergader. Hy
 het gesê die departement is daaraan toegewy om saam met die gesin
 te werk om 'n oplossing te kry.

Die koste van die rehabilitasiesentrum waarheen Thomas verlede
 Maandag verskuif is, beloop maandeliks R120 000.

Die gesin moet ook weekliks R3 000 betaal vir 'n ambulans om Thomas
 na die Life Fourways-hospitaal te neem vir X-strale en skanderings
 om die toestand vir sy brein en longe vir die volgende drie maande
 te monitor.

Nomvula Mokonyane, Gautengse premier, het toe onderneem om
 die tiener se mediese rekeninge te betaal.

Haar woordvoerder het Vrydag gesê die premier se toewyding aan
 die Ferreira-gesin staan steeds.