KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Follow by Email

Monday, 21 May 2012

DIE KERKSTRAATBOM.



Vrydagoggend 20 Mei 1983 het soos ander Vrydagoggende aangebreek en die einde van die werksweek aangekondig. Maar hierdie Vrydag wat so doodgewoon begin het, het in afgryse geëindig om een van die swartste Vrydae in ons geskiedenis te word. Sekondes na halfvyf (16:30) Vrydagmiddag 20 Mei 1983 – gister 29 jaar gelede – het die Kerkstraatbom die lewens van 19 mense geëis en 217 beseer.
Hierdie bom wat ongeveer 60kg militêre plofstof bevat het, is geplant as deel van die ANC se stedelike terreur-veldtog. Die destydse leier van die ANC, Oliver Thambo, het vooraf gewaarsku dat die ANC in 1983 hulle aanslae teen Suid-Afrika sou verskerp.
Die bom is in ‘n motor geplaas en die motor – ‘n roomkleurige 1982 Colt Gallant – is in die Nedbank-plein by die Poynton-gebou in Kerkstraat geparkeer. Die ANC se teiken was die Suid-Afrikaanse Verdedigingsmagte. Die Lugmaghoofkwartier was aan die een kant van Kerkstraat en die Poynton oorkant die straat het kantore van die Verdedigingsmagte gehuisves.
Die plan was dat die bom om ongeveer 5-uur moes ontplof – die tyd waarop die meeste mense op pad sou wees huis toe en duisende hulle dus op sypaadjies sou bevind. Sake het nie volgens plan verloop nie. In plaas van 5-uur het die bom sekondes na halfvyf ontplof. Dat dit nie so beplan was nie blyk daaruit dat die twee bomplanters – beide lede van die ANC – in die ontploffing omgekom het. Een van die bomplanters was tydens die ontploffing in die motor en die ander een het oorkant die straat gestaan.
Die kragtige bom het verwoesting gesaai. Ooggetuies het vertel dat ledemate oor die gebied versprei gelê het. Nooddienste was binne minute op die toneel. Ambulanse het weer en weer teruggekom om beseerdes na die destydse HF Verwoerd-hospitaal, Een Militêre-hospitaal en Kalafong-hospitaal te vervoer. ’n Ooggetuie het die toneel van stukkende menseliggame, bloed, gebreekte vensters en stukkende geboue so grusaam as oorlog beskryf. ’n Verkeersbeampte het vertel hoedat hy met bloedbevlekte klere, ’n ernstig beseerde man uit ’n brandende motor getrek het en toe desperaat probeer het om die vlamme om die man en ander slagoffers te blus.
Aanvanklik is vermoed dat meer as een bom gestel was en speurders het onverwyld na nog bomme begin soek. Uit die nabygeleë Standardbank het bankpersoneel van die bank se gordyne gebring om liggame mee te bedek. Beseerdes het om hulp gekerm. Nood is grootliks verlig deur die flinke optrede van die Burgerlike Beskermingsvereniging.
Die ANC het hulle teiken getref. Onder die beseerdes en dooies was 70 lede van die Verdedigingsmagte. Behalwe hierdie 70 dra ook ander onskuldiges vandag nog letsels wat die bom gelaat het. ’n Dienspligtige het gesê: “Nooit het ek dooies of beseerdes só soos daardie dag gesien nie.”
Tog laat die ANC geen steen onaangeroer om Afrikaners aan die sogenaamde misdade van apartheid te herinner nie.
Laat óns dan die ánder kant stel: naamlik die beleid van terreur wat die ANC gevolg het ten einde politieke mag te bekom. Dit sluit in: opleiding van terroriste, brandstigting, halssnoermoorde en die plant van bomme soos die Kerkstraatbom. En noem daarmee saam die plaasmoorde. Want hoewel nie amptelik ANC-beleid soos die terreurveldtogte destyds was nie, verroer die ANC 19 jaar na bewindsoorname steeds geen vinger om ’n einde te maak aan die moorde en aanvalle op blanke boere nie.