KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Sunday 11 March 2012

TWEE WERELDE...

Pretoria is net ‘n wit woonbuurt van Tshwane. Swartes het meer reg 
op grond in Suid-Afrika as blankes. Engels is die enigste taal wat
 deur al die kulture in die land gebruik kan word. Swart jeugdiges
 steel en roof en moor en verkrag as gevolg van apartheid. Wit 
mense is ryk en kan vir hulle kinders geleenthede koop.
Dit is hoe die wêreld lyk deur die oë van die ANC. Dit is ook die 
prentjie wat die ANC aanbied vir sy volgelinge en die wêreld daar buite.
Die hartseer deel is dat baie mense wat veronderstel is om deur 
die politieke propaganda te sien, dit as die waarheid begin 
aanvaar. As iemand van jou geboorte af vir jou vertel dat die lug
 pienk is, sal dit nooit vir jou blou wees nie.
In Suid-Afrika het ons te doen met wêrelde waarvan die
 verwysingsraamwerke so verskil dat sin en rede later geen invloed
 meer het nie.
Mnr Paul Mashatile, Minister van Kuns en Kultuur, het aan ‘n 
dagblad gesê, Pretoria is ’n woonbuurt van Tshwane net soos 
Sandton ’n woonbuurt van Johannesburg is. 

Volgens hom is daar 
nie meer ’n stad genaamd Pretoria nie. Interessant genoeg, 
ondanks dié skynbaar oortuigde standpunt, wil die regering tog
 darem eers die saak uitklaar deur openbare gesprekvoering –
 soos die wet vereis.
Dit lyk dus of die sake voor die Gesagsowerheid vir 
Reklamestandaarde van Suid-Afrika (GRS) en die
 Uitsaaiklagtekommissie en die hooggeregshof, en al die 
petisies en demonstrasies darem gehelp het om die ANC 
‘n bietjie versigtig te maak oor die verandering van die naam van
 die land se hoofstad.
Vir ‘n paar jaar was dit eintlik stil op die front. Moontlik is baie mense
 in hierdie tyd gesus om te glo dat die ANC maar sal bes gee en 
dat die liewe Jakarandastad sy naam gaan behou.
Nog nooit gesien nie. Solank as wat Pretoria sy naam behou, sal 
die ANC se finale oorwinning nie afgehandel wees nie. Pretoria
 is op die ou end die sterkste simboliese aanduiding van die rol 
wat wit Afrikaanssprekendes nog in die land te speel het.
Vat Pretoria weg en jy begrawe ‘n volk.
So wat gaan ons daaraan doen? Gaan ons na nog ‘n tribunaal of 
nog ‘n hof? Gaan ons nog petisielyste voltooi en openbare vertoë
 rig? Gaan ons nog ‘n optog hou?
En as dit alles nie werk nie, gaan ons ons sake-onderneming se
 naam verander na Tshwane Videos, Tshwane Steel Works of 
Tshwane Laundry? Net ter wille van vrede… en natuurlik besigheid.
Al die hofsake in die wêreld, al die protesaksies, al die
 beredeneerde briewe in koerante en al die nuuskommentare
 op die radio, help niks, as ons aanvaar dat ons in Tshwane bly nie.
Wil jy jou herkoms verloën ter wile van een of ander denkbeeldige
 leier van ‘n groepie mense wat deur die omgewing beweeg het, 
of gaan jy vir jou kinders sê: “Ons bly in Pretoria”!?